[4] Be­ton

Tuis - - TUINMEUBEL­S -

Ons ken se­ment­meu­bels al ja­re lank, maar nou­dat se­ment­vloe­re en grys verf­kleu­re al hoe ge­wil­der word, is dit ’n tren­dy toe­voe­ging tot baie tui­ne. S­ty­le wis­sel van tra­di­si­o­neel met swie­ri­ge ous­kool-kur­wes tot kon­tem­po­rêr. Dees­dae word meu­bels ook ge­maak van po­li­be­ton

(sien kas­sie); dit lyk soos se­ment, maar weeg min­der. “Se­ment is se­ker die e­nig­ste ma­te­ri­aal wat ’n leef­tyd hou en ook be­ter lyk na­ma­te dit ver­ou­der,” sê Pa­o­lo Go­sio van I­tal Ce­ment. “Dit vra so te sê geen on­der­houd nie, en al be­sluit jy om te verf, hoef dit net el­ke 3–5 jaar op­ge­knap te word.”

VOOR­DE­LE Af­han­gend van die styl is se­ment­meu­bels be­kos­tig­baar, maar ui­ters duur­saam. Dis swaar, wat be­te­ken sterk wind sal dit nie weg­waai nie en dis moei­lik om te steel – wat dit ’n ge­wil­de keu­se vir va­kan­sie­hui­se maak!

NADELE Die groot ge­wig maak dit on­ge­luk­kig ook moei­lik om rond te skuif. Par­ty men­se hou nie van die voor­koms nie en dit kan koud wees son­der kus­sings.

ON­DER­HOUD Se­ment vra geen on­der­houd nie en kan soos e­ni­ge soort­ge­ly­ke op­per­vlak skoon­ge­maak word. As jy hou van die voor­koms van al­ge wat op die se­ment groei, moe­dig dit aan deur na­tuur­li­ke jo­gurt aan die meu­bels te smeer; los dit vir ’n paar we­ke aan. As jy jou se­ment wil verf, wend eers ’n be­ton­se­ë­laar aan ge­volg deur ’n wa­ter­ba­sis-e­mal­je­verf vir bui­te­ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.