Reg­te be­han­de­ling

Tuis - - DOEN DIT SELF -

Ma­ryna O­li­vier van Jou­ber­ti­na skryf Ek en my man wil ons kom­buis­kas­te se blaaie van eg­te swart­hout maak; hoe moet ons die hout teen hit­te en wa­ter be­han­del?

F­rik­kie G­reeff, be­stu­ren­de di­rek­teur by Woodoc, ant­woord Ons stel voor jy ge­bruik kleur­lo­se Woodoc Wa­ter-Bor­ne Floor Se­a­ler. Dis be­skik­baar in ’n mat- en ’n glans­af­wer­king. Om­dat dit ’n vloer­ver­se­ë­laar is, is Woodoc Wa­ter-Bor­ne Floor be­son­der krap­be­stand; dit sal ook jou blaaie be­skerm teen on­der meer ma­ti­ge hit­te (nie so warm dat dit die hout sal skroei nie), wa­ter en al­ko­hol.

Dis be­lang­rik dat jy die hout reg voor­be­rei ten ein­de die bes­te re­sul­taat te ver­se­ker. Maak se­ker die hout is heel­te­mal droog, met geen stof of o­lie daar­op nie. Skuur die hout goed – hoe glad­der die hout, hoe be­ter sal die af­wer­king wees. Vee dan af met ’n lap­pie wat met brand­spi­ri­tus aan­ge­klam is. Laat die op­per­vlak heel­te­mal droog word – al die brand­spi­ri­tus moet ver­damp.

Vee weer af met ’n skoon, droë lap. Roer nou die ver­se­ë­laar baie goed in die hou­er met ’n plat plan­kie of spaan (moe­nie skud nie). Wan­neer dit be­hoor­lik deur­ge­roer is, doop ’n skoon, droë kwas se ha­re om­trent t­wee der­des diep in die blik. Moe­nie die kwas teen die hou­er se rand af­vee nie – dit druk die kwas­ha­re weg van me­kaar, wat lug in­laat en bor­rel­tjies op die op­per­vlak ver­oor­saak wan­neer jy dit aan­wend.

Laat die oor­tol­li­ge ver­se­ë­laar af­drup en wend dit aan in lang, e­ga­li­ge ha­le in die­self­de rig­ting as die hout­grein. Doop die kwas ge­reeld en roer deu­ren­tyd die hou­er. Wan­neer die he­le op­per­vlak e­ga­lig blink­nat is, laat dit droog word en skuur dan lig­gies met fyn skuur­pa­pier. Vee weer af met brand­spi­ri­tus, dan met ’n droë lap­pie en her­haal nog t­wee keer. KON­TAK woodoc.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.