Ken jou in­drin­gers

Aar­tap­pel­ran­ker (So­la­num se­a­for­thi­a­num)

Tuis - - TUINDAGBOE­K -

Dié slan­ke ran­ker groei tot 2–3 m hoog en het hel­der­groen bla­re. Dit dra van De­sem­ber tot Maart spog­ge­ri­ge blou tot pers blom­me in han­gen­de tros­se, ge­volg deur klein, blink bes­sies wat van groen tot rooi ver­kleur. Vo­ëls s­mul graag aan die vrug­te en ver­sprei die saad in hul mis. In­drin­ger­sta­tus Die plant is ’n ka­te­go­rie 1B-in­drin­ger, wat be­te­ken jy kan ver­volg word as dit op jou erf ge­kry word. Hoe­kom is dit ’n pro­bleem? Dié plant is ver­al ’n pro­bleem in die Oos-Kaap, K­waZu­lu-Na­tal, M­pu­ma­lan­ga, Gau­teng en Lim­po­po, waar dit bo an­der spe­sies uit­groei en hul­le in die pro­ses ver­smoor. Die he­le plant – vrug­te, bla­re en ste­le – is gif­tig. Daar word ook ge­vind dat in­heem­se vo­ëls op­hou om in­heem­se saad te ver­sprei om­dat hul­le dié in­drin­ger­spe­sie se vrug­te ver­kies. KON­TAK in­va­si­ves.org.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.