Nuut by kwe­ke­rye!

Tuis - - TUINDAGBOE­K -

Min plan­te kan kers vas­hou by Cat­ha­rant­hus ro­seus as dit kom by sy ver­moë om in warm, droë weer te ge­dy. Nou spog dié staatmaker in ’n nu­we ge­waad. Die ‘Tat­too’-reeks het tref­fen­de blom­me in ska­ke­rings van swart ker­sie, fram­boos, pa­pa­ja en man­da­ryn met swart “o­gies”. Die blom­bla­re oor­vleu­el en el­ke blaar­tjie lyk of dit ’n sweem­pie swart met ’n sag­te kwas­haal ge­kry het. Die plant groei bos­ag­tig, so­wat 25–36 cm hoog en met heel­wat tak­ke wat ’n oor­vloed blom­me dra. Plant dit in vol­son om die in­ten­si­teit van die blom­kleu­re te be­klem­toon. Hoe war­mer dit raak, hoe be­ter ver­toon die swart oog. Die plant vra grond wat goed drei­neer en moet in die vroeë groei­sta­di­um ge­reeld nat­ge­maak word. So­dra dit ge­ves­tig is, kan dit klaar­kom met wa­ter een keer ’n week.

Let wel Al is die Cat­ha­rant­hus ro­seus op die in­drin­ger­lys, is ste­rie­le kul­ti­vars of hi­brie­de soos dié een nie ge­lys nie.

KON­TAK ball­straat­hof.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.