Bot­ter­skor­sie-en-graan­slaai

Tuis - - LESERTUIN -

On­der R125 • Ge­noeg vir 4 as hoof­ge­reg Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 220°C Gaar­maak­tyd: 25 mi­nu­te

• 1 me­di­um­groot bot­ter­skor­sie, ge­skil • 1 klein rooi ui, in rin­ge ge­sny • 30ml son­dro­ë­ta­ma­tie-pes­to • 30ml o­lyf­o­lie • 250g gaar gra­ne (bruin-en­wil­de­rys, bul­gur, spelt, rog, len­sies en quin­oa is lek­ker) • 125ml pam­poen­pit­te, ge­roos­ter • 3 wie­le fe­ta, ge­krum­mel • 80g wil­dero­ket • 60ml ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • 60ml gra­naat­pit­te

1 Voor­ver­hit die oond. Sny die bot­ter­skor­sie met ’n skerp mes in dun sky­we. Sny met ’n ster-koe­kie­druk­ker ’n ster uit el­ke skyf vir Kers­fees as jy wil. Meng die sky­we, ui, pes­to en o­lie saam en sprei dit uit op ’n bak­plaat. Roos­ter vir so­wat 20 mi­nu­te. Hou dop en draai die sky­we soos no­dig om se­ker te maak dis deur­gaar. Sit dit dan nog 5 mi­nu­te on­der die roos­ter­e­le­ment vir kleur.

2 Meng die gaar groen­te, sout en pe­per en ’n bie­tjie ek­stra o­lyf­o­lie deur die gra­ne en skep op ’n dien­bord. Voeg die pam­poen­pit­te, fe­ta en ro­ket by en meng deur. S­trooi laas­tens die par­me­saan en gra­naat­pit­te oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.