K­nus en koel

Tuis - - LESERHUIS -

Me­gan het in Dur­ban groot­ge­word en sê die see­lug, see-uit­sig­te en “stoepleef­styl” wat sy daar ge­ken het, is die re­de hoe­kom sy graag ’n va­kan­sie­huis by die see wou hê.

Een van haar eer­ste ver­an­de­rin­ge was om die ven­sters aan die voor- en ag­ter­kant van die huis te ver­vang met sta­pel­deu­re, wat nou die na­tuur­li­ke lig en uit­sig­te tot hul reg laat kom.

Die in­druk­wek­ken­de om­ge­wing was ook in­spi­ra­sie vir die de­kor. Me­gan het voor­heen ’n va­kan­sie­huis by die see in KZN ge­had en het baie van haar harts­goed be­hou, in­slui­tend ’n ou Cé­ci­le & Boyd-rus­bank, ge­ërf­de breek­goed en prag­ti­ge de­kens. Maar dié keer het sy ook tit­sels groen, taan, grys en blou in­ge­bring om by die rus­ti­ge om­ge­wing in te s­ka­kel.

Selfs die teks­tu­re in haar huis is deur die na­tuur ge­ïn­spi­reer. “Ek is dol oor goed wat in­te­res­sant is om aan te vat,” sê Me­gan. “S­tow­we soos ryk ka­toen, wol en, na­tuur­lik, e­nig­iets wat ge­weef is – dit ver­klaar se­ker hoe­kom ek so baie twee­de­hand­se ko­pies het, want dit het ge­woon­lik so­veel meer ka­rak­ter as din­ge wat nuut­ge­koop is.” >> ’n K­nap be­gro­ting het Me­gan ver­hoed om die hout­vloe­re in te sit wat sy so graag wou hê. Sy het ook klap­per­haar­mat­te oor­weeg. “Ek het be­sluit twee­de prys is wit ge­verf­de se­ment om­dat dit self ’n rus­ti­ge ge­voel skep; dis ook mak­lik om skoon te maak en nat voe­te is nie ’n pro­bleem nie!” ver­dui­de­lik sy.

’n Dek van sui­ker­bloe­kom­hout langs die huis dien as bui­te­kui­er­plek. Me­gan het on­langs ’n groot vuur­put van klip langs­aan laat bou. “Ons steek graag hier ’n vuur­tjie aan en kui­er baie lek­ker om­dat dié kant van die huis teen die wind be­skut is,” sê sy.

Die kom­buis (on­der) maak oop op die dek, ’n guns­te­ling­plek vir al fres­co-mid­dag­e­tes. Die gor­dyn­re­ling is ’n lat­te-paal wat langs die pad by Kom­me­tjie op­ge­tel is, en Me­gan het die ver­weer­de gor­dy­ne, wat eers as ta­fel­doek ge­bruik is, op be­soek aan Mo­sam­biek ge­koop.

S­toof van Ta­fel­berg Fur­nis­hers; ei­land van Frog­gatt & Frost

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.