Met sy a­sem­ro­wen­de uit­sig­te van die strand­meer en gol­wen­de heu­wels met geil, kleur­ry­ke vet­plan­te,

Daar is nie Wi-Fi of ’n TV hier nie. Ons wou hê dit moet ’n plek wees waar jy reg­tig kan ont­snap ... – Na­di­ne

Tuis - - LESERHUIS -

is dit geen ver­ras­sing dat Bru­ce en Na­di­ne Ted­der be­sluit het om hul va­kan­sie­huis aan die Wes­kus “Pa­no­ra­ma” te doop nie.

Die huis in die hart­jie van Lan­ge­baan is ’n rus­tie­ke ju­weel en hul­le was da­de­lik ver­lief op die rus­ti­ge kus-voor­koms en ryk ge­skie­de­nis van die plek.

Vroe­ër ja­re is die ge­bou ge­bruik as ’n skuur op ’n groot ko­ring­plaas wat la­ter in er­we on­der­ver­deel is; van­dag maak dit deel uit van die woon­buurt My­burg­h­park.

Hoe­wel die dub­bel­ver­die­ping tus­sen an­der, meer kon­tem­po­rê­re wo­nings staan, is dit in die lang­huis-styl so eie aan die Wes­kus ge­bou, met een smal oop­plan-ruim­te en ’n gras­dak. “Dit staan na be­we­ring al oor die 200 jaar hier,” sê Na­di­ne. “Ons kan nou nog die ou koei­stal­le van hier sien, maar dié is nou ver­val­le.” Die plaas se oor­spronk­li­ke op­stal, net oor­kant die pad van die Ted­ders se huis, is dees­dae die ge­wil­de Farm­hou­se-ho­tel.

Die paar­tjie het ’n mo­tor­huis op hul erf in ’n kot­huis om­skep en ’n ek­stra “speel­ka­mer” aan­ge­bou waar kui­er­men­se kan oor­nag wan­neer no­dig.

En aan kui­er­men­se is daar geen te­kort nie. “In die va­kan­sie­tyd kom v­rien­de ge­reeld kui­er en is ons dae vol ak­ti­wi­tei­te: ons seil, wa­ter­ski, vang vis en ry fiets in die Wes­kus Na­si­o­na­le Park hier na­by.

“Ter­wyl die son sak, ge­niet ons ’n dran­kie op die stoep, speel bou­les op die gras­perk en braai voor ons bin­ne­toe gaan vir bord­spe­le­tjies. Ons kan ons nê­rens an­ders in­dink om sul­ke ge­luk­ki­ge her­in­ne­rin­ge te skep nie,” sê Na­di­ne. >>

Steeds hul droom­huis

Na­di­ne en Bru­ce het dié ei­en­dom 16 jaar ge­le­de vir die eer­ste keer ge­sien: Hul­le was met va­kan­sie op Lan­ge­baan en ont­hou nou nog hoe hul­le met hul dog­ter, T­ris­ten (nou 16), in haar stoot­wa­en­tjie ver­by die huis ge­stap het. Dit was hul droom om een­dag die huis te be­sit.

Die paar­tjie, wat al­bei in die boot- en toe­ris­te­be­dryf werk, het won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge van va­kan­sies op Lan­ge­baan en wou die­self­de vir T­ris­ten hê. Soos die nood­lot dit wou hê, was die huis daar­die self­de jaar in die mark en het hul­le die ge­leent­heid aan­ge­gryp.

“Ons het ver­lief ge­raak op sy Wes­kus-bou­styl – die dik, af­ge­wit­te mu­re en gras­dak,” sê Na­di­ne. Die huis was klaar op­ge­knap en die Ted­ders moes net mooi­maak.

“Ons het nie ’n ruim be­gro­ting ge­had nie en was in die wol­ke dat die huis reeds so prag­tig in die oor­spronk­li­ke styl ge­re­stou­reer is,” ver­dui­de­lik Na­di­ne. “Baie van die ou struk­tuur is be­hou, in­slui­tend die ont­blo­te dak­kap­pe, die geel­hout­bal­ke bo die deu­re en ven­sters en die breë kag­gel – dit al­les skep ou­wê­reld­se sjar­me en ’n rus­ti­ge at­mos­feer, per­fek vir ’n va­kan­sie­plek.”

Hel­der en lief­lik

Die Ted­ders moes slim werk met hul k­nap be­gro­ting om die ruim­te mooi in te rig: Hul­le wou meu­bels hê wat ge­mak­lik én iets vir die oog is, en het den­ne­hout-i­tems – soos die eet­ka­mer­ta­fel, ban­kies en bed­dens – ge­koop en dit wit ge­verf om by die res van die de­kor te pas.

So­doen­de kon hul­le be­lê in die bes­te lin­ne wat hul­le kon be­kos­tig, as­ook rus­ban­ke, de­kens en strooi­kus­sings. Hul­le het ook op die dorp rond­ge­snuf­fel vir twee­de­hand­se meu­bels.

Na­di­ne en Bru­ce het hul mu­re ver­sier met ge­raam­de fo­to’s van hul oor­se­se rei­se en swart-en-wit-fo­to’s van ou Lan­ge­baan, wat hul­le by die Wes-Kaap­se Pro­vin­si­a­le Ar­gief ge­kry het.

“Ons wou die ruim­te op­hel­der om met al die hout-e­le­men­te te kon­tras­teer; daar­om het ons be­sluit op ’n pa­let van room en wit. En vir ’n e­ner­gie-in­spui­ting het ons ’n paar kleur­spat­sels by­ge­voeg, by­voor­beeld met die boeie wat ons oor die ja­re op ver­skeie stran­de by­me­kaar­ge­maak het,” sê Na­di­ne. >>

’n Muur is by die hoof­huis se voor­deur ge­bou om dit teen die wind te be­skut.

Dis in die de­tail Die Ted­ders het be­sluit op be­kos­tig­ba­re den­ne­hout­meu­bels en dit af­ge­wit in die strands­jiek styl van die huis. ’n Prak­tie­se ter­ra­cot­ta­te­ël­vloer ver­sterk die rus­ti­ge at­mos­feer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.