Oor­tjies

Tuis - - TUIN -

Oor­tjies is ’n ge­har­de, mat­vor­men­de grond­be­dek­ker met ’n plat groei­wy­se. Dit het prag­ti­ge ron­de blaar­tjies en spog van Sep­tem­ber tot De­sem­ber met groot lig­pienk tot wit trom­pet­vor­mi­ge blom­me. Dié in­heem­se grond­be­dek­ker groei in die son so­wel as ge­deel­te­li­ke ska­du­wee, en hoe­wel dit in taam­li­ke nat de­le goed sal groei, is dit ook ge­luk­kig met min­der wa­ter so­dra dit goed ge­ves­tig is.

Oor­tjies is ’n goeie op­sie tus­sen pla­vei­blok­ke en lyk mooi al met die rand van ’n bed­ding langs. Dit sal ’n oop stuk grond vin­nig toe­groei en kan as ’n al­ter­na­tief vir gras ge­bruik word waar daar nie veel voet­ver­keer is nie. Of plant dié vin­ni­ge groei­er in ’n pot – dit lyk prag­tig as die blom­me oor die rand van die pot hang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.