KIES WYS!

Tuis - - TUIN -

Daar is tal­le ma­nie­re om grond toe te maak en oop de­le tus­sen bo­me en strui­ke te be­dek, en elk­een het sy eie voor- en na­de­le. He­lia ver­tel meer oor die voor­de­le van ’n le­wen­de grond­be­dek­ker.

“Le­wen­de grond­be­dek­kers is in die mees­te ge­val­le sag­ter op die oog as by­voor­beeld klip­pies of selfs bas,” sê sy. “Dit is ook meer or­na­men­teel en trek da­de­lik aan­dag, het­sy met ’n mooi blom­me­tjie, in­te­res­san­te teks­tuur of tref­fen­de blaar­kleur.

“Daar is ’n groot ver­skei­den­heid le­wen­de grond­be­dek­kers om van te kies vir ver­skil­len­de om­stan­dig­he­de in ’n tuin. Voor jy koop, maak se­ker hoe­veel son of ska­du kry die stuk grond wat jy wil laat toe­groei. Jy moet ook weet of jy dit in ’n droë of nat­ter deel van die tuin gaan plant. Hou die be­paal­de voor­koms wat jy aan die bed­ding wil gee, so­wel as die doel van die grond­be­dek­ker, in ge­dag­te. Kies iets wat die plan­te in die on­mid­del­li­ke om­ge­wing sal kom­ple­men­teer en wat ge­skik is vir die doel, by­voor­beeld mat­vor­mend tus­sen pla­vei­blok­ke of ’n we­li­ge groei­er on­der bo­me. Vra raad by die kun­di­ges by jou kwe­ke­ry.

“Wan­neer grond­be­dek­kers eers goed ge­ves­tig is, groei dit ’n oop stuk grond gou-gou dig toe. In die pro­ses ver­smoor dit boon­op die on­kruid, wat min­der in­stand­hou­ding be­te­ken. Die plant­jies hou die grond koel deur die ska­du­wee wat dit skep, en as dit wa­ter­wys is, het jy boon­op min wa­ter no­dig om dit we­lig te hou. Die plan­te se wor­tel­stel­sels help ook dat re­ën­wa­ter in die grond in­sak, eer­der as dat dit weg­loop, soos dit ge­neig is om op ’n kaal stuk grond te doen.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.