S­ter­jas­myn

Tuis - - TUIN -

(Tra­che­losper­mum jas­mi­noi­des) He­lia

Hoe­wel s­ter­jas­myn dik­wels as ’n rank­plant ge­bruik word, maak dit ook ’n won­der­li­ke grond­be­dek­king. Dis ver­al in die laat­len­te en vroeg­so­mer oor­trek van wit ster­vor­mi­ge blom­me­tjies wat heer­lik ruik. En al blom dit nie, is die blink don­ker­groen bla­re steeds mooi.

Wan­neer jy dit as ’n grond­be­dek­ker wil in­span, hoef jy nie die ge­woon­lik duur­der plan­te wat reeds hoog groei, te koop nie; ’n klei­ner een sal per­fek werk. S­pa­si­eer ster­jas­myn­plan­te so­wat 40 cm uit­me­kaar in goed voor­be­rei­de, kom­pos­ry­ke grond. Sny die lang lo­te ge­reeld te­rug om die plant aan te moe­dig om ’n dig­te grond­be­dek­king te vorm, maar moet dit nie kort voor blom­tyd doen nie. Die plant kan ook ná blom­tyd bo­langs goed te­rug­ge­snoei en ge­lyk ge­sny word. So­dra die plant ge­ves­tig is, het dit min­der wa­ter no­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.