Fran­se kleur en geur

Tuis - - LESERTUIN -

’n Dub­be­le oop­swaai­deur lei uit die hoof­slaap­ka­mer na ’n stoe­pie on­der ’n pri­eel. Hier wieg ’n kris­tal­kan­de­la­ber lig­gies in die wind en loer die pienk blom­me van ’n ‘Fan­dan­go’-rank­roos deur die bla­re en drui­we­tros­se van ’n win­gerd­stok.

Ra­mo­na be­skryf haar tuin só: “Dit het ’n Fran­se voor­koms en ’n lan­de­lik Fran­se ge­voel. Ek het nog al­tyd ge­hou van ’n ou­wê­reld­se ka­rak­ter. Met dit in ge­dag­te het ek die ou gras met gruis ver­vang en paad­jies ge­maak met se­ment­blok­ke om­ring deur gruis. Om­dat dit goed­ko­per is, het ons die grow­wer bou­ers­gruis ge­bruik. Dit lyk mooi, maar is moei­li­ker om op te loop!’’

Die kuns­sin­ni­ge Ra­mo­na speel met die blom­kleu­re in haar tuin soos ’n skil­der met ’n verf­kwas. “Die blom­me is oor­we­gend sag­te ska­ke­rings van pienk,’’ ver­tel sy. “Hier is glad nie rooi blom­me nie; dit sou bots met die sag­te, ro­man­tie­se kleu­re.’’

La­ven­tel pas na­tuur­lik per­fek in dié tuin­styl. “Ek s­noei die la­ven­tel­bos­se wat in ’n ry ge­plant is so­dat dit ’n hei­ning vorm,’’ ver­dui­de­lik Ra­mo­na. “An­der s­noei ek weer in ’n ron­de vorm. Die snoei­e­ry ver­leng die le­we van la­ven­tel­plan­te, en die bes­te tyd om dit te doen is net voor­dat dit har­de stok­ke vorm.’’

Teen ’n lig­te muur in die tuin het sy op een plek net wit blom­me ge­plant – vark­o­re, kris­mis­ro­se en vin­ger­hoed­jies met lang tros­se blom­me. En rond­om ’n groot koel­te­boom is blom­me in ska­ke­rings van pers. Sy het ook hon­der­de ver­skil­len­de baard-i­ris­se in suur­le­moen­geel, per­ske en pers. “Baard-i­ris­se pas be­son­der mooi in die kleur­ske­ma,” ver­tel sy. “Ek be­stel dit aan­lyn by die Mooi­plaas I­ris & Day­li­ly-kwe­ke­ry in Cen­tu­ri­on en laat hul­le af­le­wer.

“Sa­lies (Sal­via of­fi­ci­na­lis), wat in ver­skil­len­de kleu­re voor­kom, en ko­ring­blom­me (S­ca­bi­o­sa a­tro­pur­pu­rea) in kleu­re soos wit, pers en blou, is ook vir my mooi. Voor die blom­bed­dings het ek die geel­groen struik

Du­ran­ta ‘S­heena’s Gold’ ge­plant en in ’n hei­ning ge­snoei.’’ >>

‘I­ce­berg’-ro­se ver­fraai een van tal­le kui­er­hoe­kies in Ra­mo­na se tuin.

Wit bou­gain­vil­lea

Die ro­se ‘S­ha­rifa As­ma’ en ‘P­rin­cess A­lex­an­dra of Kent’ verskaf sag­te pienk kleur voor die slaap­ka­mer­ven­sters.

Rond­om ’n groot koel­te­boom groei ‘My Gran­ny’-, ‘Sim­pli­ci­ty’- en ‘Bur­gun­dy I­ce­berg’-ro­se, met lams­o­re (S­ta­chys by­zan­ti­na) teen die gras­rand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.