Ge­vul­de win­gerd­bla­re

Tuis - - TUINPARTYT­JIE -

“Die ou­er ge­ne­ra­sie Li­ba­ne­se vroue, soos my ma, Mau­r­een, glo die eer­ste bla­re aan die win­gerd­stok is die sag­ste en die bes­te vir dié ge­reg,” sê Ra­mo­na. “Jy kan tyd be­spaar deur in­ge­leg­de bla­re by die de­li te koop, maar ont­hou om dit goed af te spoel voor jy dit ge­bruik. En ont­hou, bla­re wat jy koop, is dalk nie so sag soos dié wat vars ge­pluk is nie.” Maak so­wat 25 Be­rei­dings­tyd: Dis ’n lang pro­ses – vra die fa­mi­lie om te help! Gaar­maak­tyd: 1 uur

• 1kg lams­maal­vleis • 250ml rou rys • ’n goeie kny­pie sout en pe­per • ’n goeie kny­pie ka­neel • ’n goeie kny­pie ge­meng­de spe­se­rye • sap van 1 suur­le­moen • 15ml vars pie­ter­sie­lie, fyn­ge­kap • bot­ter/o­lie/skaap­stert­vet • so­wat 25 win­gerd­bla­re, ge­blan­sjeer

1 Maak die vul­sel Meng die vleis en rys met die spe­se­rye en suur­le­moen­sap. Voeg die kruie by en meng goed.

2 Sit een blaar plat op ’n werk­op­per­vlak neer (sny die steel af in­dien no­dig). Skep ’n le­pel vol vul­sel bo-op, vou die ran­de in soos ’n koe­vert en rol die blaar dan ver­sig­tig op in ’n sty­we si­gaar­vorm. Her­haal met die oor­bly­wen­de bla­re en vul­sel.

3 As jy skaap­vet ge­bruik, skep dit op die boom van ’n groot pot; stip an­der­sins die pot met bot­ter – dis lek­ker ryk kos dié! Rang­skik nou die ge­vul­de bla­re styf teen me­kaar in ’n spi­raal; doen dit in lae tot al­les in die pot is. Stip met nog ’n bie­tjie bot­ter, sit ’n bord bo-op om al die rol­le­tjies in po­si­sie te hou en be­dek met kook­wa­ter. Bring tot kook­punt, ver­laag die hit­te en laat dan vir so­wat ’n uur prut. Toets die bla­re om se­ker te maak dis sag en lig dan die rol­le­tjies ver­sig­tig uit met ’n gaat­jies­le­pel; sit warm of teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur voor.

Al­tyd bot­ter, nooit mar­ga­rien nie! – Mau­r­een For­tu­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.