OM ’N TRAANTJIE TE PINK is soms ge­sond

Die mens is die e­nig­ste dier­soort wat kan tra­ne stort, uit droef­nis so­wel as uit vreug­de. Dalk het die tyd aan­ge­breek om dit met meer re­spek te be­je­ën, skryf Ka­rin Bryn­ard.

Tuis - - AGTERBLAD -

EEk het ’n tan­te ge­had wat ge­glo het ’n mens moet vroeg in die nu­we jaar ’n goeie huil in­kry. Dit help glo baie. Vir wát al­les, het sy net nooit ge­sê nie en ek skat die ge­heim is saam met haar graf toe. Ek moes weer daar­aan dink toe ek die af­ge­lo­pe fees­sei­soen ’n kind be­trag wat in ’n su­per­mark­trol­lie sit en huil. Dit was nie ’n groot, drif­ti­ge bui nie, meer so ’n droe­we, B-mi­neur-huil­tjie, be­sten­dig be­ge­lei deur groot, ge­son­de tra­ne. Jy kon sien hy huil nie uit nood nie, hy was be­sig met die gro­ter las­te van die wê­reld. Sy moe­der, warm en ver­moeid, laat hom wys­lik be­gaan. Al met die blik­kies­kos­rak­ke langs sit en huil hy so, ver­by die rys en pas­ta tot reg on­der by die Omo-spe­ci­als. Dan ver­dwyn hul­le om die hoek en uit my ge­sigs­veld.

’n Goeie huil op sy tyd, ver­tel ’n vrien­din wat ’n siel­kun­di­ge is, is ’n be­lang­ri­ke oor­le­wings­in­stru­ment. Dit ont­laai die siel en die ge­moed. Dit wek ook em­pa­tie en skuil­te by ’n an­der. Dis ’n e­vo­lu­si­o­nê­re won­der, steeds groot­liks be­perk tot die mens­li­ke spe­sie. Ons is ver­al die e­nig­ste wat kan tra­ne stort.

Wol­we huil, ja. En hon­de. Maar hul­le huil nie tra­ne nie. Daar’s dalk an­der soog­die­re ook wat huil, wie weet.

Ek weet rot­te kan lag. Reg­tig. We­ten­skap­li­kes het ’n ma­sjien ont­werp wat die fre­kwen­sie van rot­lag kan op­vang en hoor­baar maak. Dan kie­lie hul­le die rot­te en jy kan dit hoor. Maar van huil weet ek nie (dalk is ’n an­der ma­sjien daar­voor no­dig).

Die rot se groot­fa­mi­lie is wal­vis­se. Kan húl­le huil? Wie weet, want hoe meet jy tra­ne by die­re wat reeds daar­in swem?

Kro­ko­dil­le se tra­ne tel glad nie, dit hoort in die­self­de ka­te­go­rie as hoen­der­tan­de.

Wat jou te­rug­bring by men­se – mans in­ge­sluit. (Wys my ’n man wat droog-oog kan kyk na ’n fliek soos The S­haw­shank Re­demp­ti­on.)

My eie fa­mi­lie is hui­lers, ver­al aan moe­ders­kant. Gee hul­le die ge­ring­ste aan­lei­ding en hul­le be­sprin­kel spon­taan die gan­se tui­ne van Ver­sail­les. My pa se men­se was weer an­ders. Hul­le kom uit die Han­tam-Ka­roo. Dor­re droog­te­men­se. Hul­le mors nie met wa­ter nie.

Ek is he­laas my ma se kind. Van kinds­been af re­bel­leer ek eg­ter, ver­set my on­wrik­baar daar­teen. En tot dus­ver kon ek dit re­de­lik goed reg­kry. Maar daar kom tye dat daar­die ge­har­de fa­mi­lie­geen hom woes aan sy ket­tings ont­ruk.

Soos die keer toe my haar­kap­per ’n bie­tjie ber­serk ge­raak het en haar skêr met be­siel­de waan­sin op my kop in­ge­lê het. Ek het soos ’n or­kaan­slag­of­fer daar uit­ge­stap. Dit, al klaar, is ge­noeg re­de tot tra­ne, meen ek. Maar voeg nou ’n spiet­kop met ’n on­ver­bid­de­li­ke snor by al die el­len­de ... en ka­boem!

Hoe­kom dit al­tyd ’n spiet­kop moet wees, weet die he­mel al­leen. Want spiet­kops is nie s­terk ou­tjies nie. Een keer het my on­ver­wag­se tra­ne ’n for­se man in M­bom­be­la heel­te­mal ver­bou­e­reerd ge­had. “Sor­ry, Ma­ma, as­kies,” het hy des­pe­raat ge­pleit. “P­le­a­se don’t cry. Look. I te­ar up the tic­ket.” Daar­na het hy my sy sak­doek aan­ge­bied. En ’n pak­kie XXX-men­te uit sy sak, sy eie lip wat ge­vaar­lik be­we.

’n An­der keer het dit ’n Jo­han­nes­burg­se ver­keers­hof tot stil­stand ge­ruk. Toe ek moes pleit, het my ge­moed on­ver­klaar­baar vol­ge­skiet en kon ek g’n woord uit­kry nie. Dan is ek nog boon­op ’n neus­hui­ler. Vyf­tig per­sent van my tra­ne treg­ter deur my neus. En na­túúr­lik het ek nooit ’n tis­sue by my nie. Die land­dros, ’n jong kê­rel met ’n vroeë b­les en ver­leë ge­laat het bloed­rooi ge­bloos en toe sum­mier die hof ver­daag en na bui­te ge­vlug. Dalk het hy sy ma gaan bel. Of sy siel­kun­di­ge.

Die ge­mid­del­de mens huil glo so­wat 65 li­ter tra­ne ge­du­ren­de sy of haar leef­tyd, sê hul­le. Dis al­te­saam ’n raps meer as drie em­mers vol.

As my tan­te reg was, het die tyd dus aan­ge­breek om jou eer­ste tsjirt­sie vir dié jaar te stort. Al het jy nie re­de nie. Daar sal wel ie­wers vo­ren­toe ’n re­de kom. Of dit nou uit seer­kry of blyd­skap is. Kom sal hy kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.