PLAN­NE MET plan­ke

Hout ver­leen warm­te aan e­ni­ge ruim­te. Skep ’n fo­kus­punt of ge­bruik dit as af­wer­king op ’n on­ge­wo­ne plek.

Tuis - - VARS IDEES -

Kok se ko­nink­ryk

Tuis se nuts­man, DIY De­on, se han­de staan vir niks ver­keerd nie. Dié kra­ni­ge kok ont­haal graag, en ’n dooie kol langs die vuur­put in sy ag­ter­tuin het ge­smeek om ’n kre­a­tie­we in­gry­ping.

“Dit het als be­gin met die on­oog­li­ke af­dak bui­te langs die skoor­steen van ons bin­ne­braai,” ver­tel sy vrou, Deb­bie. Dit was voor­heen ’n stoor­plek, met Vi­bra­cre­te sig­baar uit hul ka­mer­ven­ster. “Ek kon dit nie meer ver­dra nie,” sê sy. Die on­be­nut­te ruim­te was per­fek vir ’n bui­te­kom­buis en kort voor lank het De­on met ’n plan vo­ren­dag ge­kom wat hul­le al­bei ge­luk­kig sou maak.

Nou ver­skans ’n he­le muur van ont­blo­te bak­ste­ne waar­teen braai­hout op­ge­sta­pel is die Vi­bra­cre­te, ter­wyl ’n in­ge­bou­de kas met ’n se­ment­blad en was­bak werk­spa­sie ver­skaf.

Die piè­ce de ré­sis­tan­ce is die hout­be­kle­ding bo die werk­blad. Dis ge­doen deur laag­hout wat vir be­kis­ting ge­bruik word, in ’n streep­pa­troon te la­mi­neer. ’n Pla­fon, ook van laag­hout, rond die prent­jie af.

So maak jy...

1 Laat saag 18 mm dik laag­hout in stro­ke van 50 mm breed en so lank soos die hoog­te van die op­per­vlak­te wat jy wil be­dek. (Die hout kom in leng­tes van 2,4 m.)

2 Be­gin nou met die be­kle­ding in die een hoek: Skroef die eer­ste plank met sy breë sy teen die muur vas. Gaan dan voort deur die plan­ke een vir een aan die vo­ri­ge plank vas te skroef – deur­gaans met die breë sye teen me­kaar, so­dat die lyn­tjies na voor wys. >>

Gla­se en skink­bord van MRP Ho­me; plant­pot­hou­er van Wool­wort­hs

Dis so lek­ker om bê­re­plek te hê vir al ons pot­jies, bui­te­skink­bor­de en braai­goed. – Deb­bie

Deur Jo­hané Neil­son en Ma­ri­an van Wyk Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster Die kas­deur­tjies is van die­self­de laag­hout ge­bou, met ron­de ga­te pleks van hand­vat­sels. De­on het dit swart ge­verf vir kon­tras met die hout­be­kle­ding op die muur. Mat van MRP Ho­me; stoe­le van C­hair Cra­zy

Heg die plan­ke sy aan sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.