Met ’n tik­kie PA­RY­SE FLAIR

Dis moei­lik om te glo dié prent­jie­mooi dak­woon­stel was voor­heen ’n don­ker, klam sol­der vol bê­re­bok­se.

Tuis - - OPKNAP - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s G­reg Cox • S­ti­le­ring Ma­ri­an van Wyk

Toe San­dra en An­dries Bo­tha in 2006 uit die woe­li­ge Kaap­se mid­de­stad na die voor­ste­de wou trek, het ’n Kaaps-Hol­land­se huis in Ro­se­bank hul hart ge­steel. Dis in 1785 ge­bou, en het hul­le her­in­ner aan die huis op hul Vry­staat­se plaas waar hul­le voor­heen ge­woon het. Dit het die ou­wê­reld­se sjar­me en ste­wi­ge raam­werk ge­had waar­na hul­le op soek was – on­ge­luk­kig was die sol­der ’n an­der saak.

’n Sol­der is ge­woon­lik ’n aan­wins, maar dié een was in ’n treu­ri­ge toe­stand. Dit was don­ker en klam, die vloer het skeef­ge­trek toe ’n gei­ser ja­re ge­le­de ge­bars het en die hout­bal­ke en gras­dak het be­gin in­sak.

Al sou hul­le dit net vir pak­plek ge­bruik, wou die paar­tjie da­rem ’n vei­li­ge, sin­de­li­ke ruim­te bo hul bly­plek hê.

Hul­le het die vloer laat her­stel, die riet­dak laat ver­vang, maar die oor­spronk­li­ke ont­blo­te dak­bal­ke be­hou. ’n Paar skuif­raam­ven­sters is in­ge­sit om na­tuur­li­ke lig in te laat.

Aan­vank­lik het hul­le wel die ruim­te vir pak­plek ge­bruik, maar toe hul dog­ter Na­dia in 2016, ná 10 jaar in die bui­te­land, te­rug­keer na Suid-A­fri­ka, het sy bly­plek ge­soek. Daar­om het die Bothas be­sluit om die ruim­te in ’n woon­stel vir haar te om­skep.

An­dries hou van nu­we nut aan ougoed gee en het die pro­jek met al­bei han­de aan­ge­gryp. Oor die ja­re het hy al­ler­lei goed by­me­kaar­ge­maak – van ’n boom wat in ’n s­torm om­ge­waai het tot ge­pers­te pla­fon­pa­ne­le uit ’n af­ge­bran­de ge­bou in Bloemfonte­in. En om­dat hy ja­re lank ge­boer het, skrik hy nie vir han­de vuil­maak nie. “As boer leer jy om din­ge self te doen en om op ’n knap be­gro­ting reg te kom!” sê hy lag­gend.

Agt­tien maan­de lank het Na­dia, An­dries en hul bou­er, Fran­cois Bur­ger, ge­wer­skaf: den­ne­hout­vloe­re ge­lê, ’n bou­val­li­ge trap ver­vang, dro­ë­mu­re in­ge­sit om ’n bad­ka­mer en twee slaap­ka­mers te skep en ’n kom­buis in­ge­rig. Van­dag is die stow­we­ri­ge, on­der­be­nut­te ruim­te ’n styl­vol­le bly­plek. >>

Ek is dol oor die aard­se groen op die kas­te; dit neem my te­rug na die warm­te van my ou­ma en ou­pa se plaas­kom­buis in die Vry­staat. – Na­dia

De­kor-in­spi­ra­sie uit Pa­rys

San­dra en An­dries het nog al­tyd ’n oog vir mooi­goed ge­had. Deur die ja­re het hul­le hul op­een­vol­gen­de hui­se ge­vul met al­ler­han­de an­tie­ke meu­bels en lin­ne van top­ge­hal­te, en baie van dié skat­te ver­sier nou Na­dia se op­ge­knap­te sol­der­wo­ning.

“Ek is baie ge­luk­kig dat my ou­ers al dié mooi­goed ge­hou het; ge­luk­kig is ons he­le fa­mi­lie ’n spul op­gaar­ders,” sê Na­dia. “Met my e­klek­tie­se smaak was dit vir my heer­lik om die erf­stuk­ke uit my fa­mi­lie saam met al die meu­bels wat ek ty­dens my ja­re oor­see by­me­kaar­ge­maak het, weer nut te gee. Dit hou my in voe­ling met al die her­in­ne­rings en er­va­rings wat elk­een ver­teen­woor­dig.”

Vol­gens Na­dia is dié kom­bi­na­sie ti­pies van die Bo­heem­se sol­der­woon­stel­le in Pa­rys, waar sy baie ja­re ge­woon het. “Ek vind dié ruimtes ab­so­luut on­weer­staan­baar. Hul ka­rak­ter is ge­vorm en in­ge­leef van ge­slag tot ge­slag, nie ge­skep met uit­ge­soek­te meu­bels of per­fek­te s­ti­le­ring nie. Dis ’n ryk meng­sel van hand­ge­maak, ge­ërf en aan­ge­gee na vol­gen­de ge­slag­te, waar­by stuk­ke met ’n wa­re her­koms en vlooi­mark-vonds­te net so wel­kom is. Niks gee voor om per­fek te wees nie.” >>

Na­dia het ver­lief ge­raak op die “te­a­tra­le vorm” van dié an­tie­ke sleebed (bo links) van On Si­te Gal­le­ry en dit het die mid­del­punt van haar e­le­gan­te slaap­ka­mer ge­word.

Na­dia is ’n jo­ga-in­struk­teur en het die sen­tra­le ruim­te (links) tus­sen die leef­a­re­as, kom­buis en gas­te­ka­mer oop ge­hou vir k­lein klas­se en pri­vaat kli­ën­te.

Den­ne­hout-pa­ne­le is rond­om een van die kom­ven­sters

(oor­kant) ge­plaas om die bad­ka­mer van 11 m² te skep. Ven­sters aan die bo­kant laat na­tuur­li­ke lig deur. “Om­dat ons reeds die toi­let, lamp en los­staan­de bad ge­had het, was die ko­per- sa­ni­tê­re wa­re al groot uit­ga­we hier,” ver­dui­de­lik Na­dia.

Prag­ti­ge teks­tie­le roer my net soos kuns, ver­al tra­di­si­o­ne­le weef­teg­nie­ke en bor­duur­werk. – Na­dia

WIE WOON HIER? WAAR GROOT­TE

Dub­bel­deu­re (bo regs), “weg­gooi­goed” van ’n vriend se opknap, maak uit die oop­plan-leef­a­rea oop op die gas­te­ka­mer. Die glas is ge­sand­blaas vir pri­vaat­heid. ’n Dro­ë­muur met ’n C­re­teS­to­ne-af­wer­king vir teks­tuur skei die slaap­ka­mers van die leef­a­rea.

Hang­lam­pe van Barn & Werf; stoe­le van Block & C­hi­sel Weens die ge­brek aan muur­spa­sie was dit ’n uit­da­ging om die kom­buis te ont­werp. “Ge­luk­kig het my sus­ter juis ’n nu­we kom­buis laat in­stal­leer, toe kon ek uit haar ou kas­te ge­noeg een­he­de uit­soek wat die bes­te in dié k­lein, drie­hoe­ki­ge ruim­te sou pas,” ver­dui­de­lik Na­dia. Die geel­hout-eet­ka­mer­ta­fel is An­dries en San­dra s’n; hul­le het dit so­wat 30 jaar ge­le­de by ’n vak­man in Knys­na laat maak vir hul va­kan­sie­huis op dié kus­dorp.

S­taan­lamp van Pri­va­te Col­lecti­ons; bed­kas­sies van Wey­landts; die mat en stoel is erf­stuk­ke

Hang­stoel van Wey­landts; pienk ge­stof­feer­de ot­to­man van Piér Ra­be An­ti­ques; room stoel van Block & C­hi­sel; die mat is ’n erf­stuk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.