Kos is op die ta­fel

Maak aand­e­te in ’n kits met be­vro­re groen­te, ge­blik­te bo­ne, rys en pas­ta.

Tuis - - LESERTOERE -

Maal­vleis­brood­jies

On­der R120 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 4 groot, bros brood­rol­le­tjies • 15 ml o­lie • 300 g ma­er maal­vleis • 15 ml fyn kol­jan­der en ko­myn • 1 blik ma­ti­ge cha­ka­la­ka • 1 blik rooi nier­boon­tjies, ge­drei­neer • 250 ml ge­ras­per­de ched­dar • 60 ml vars kol­jan­der (op­si­o­neel)

1 Sny die brood­rol­le­tjies oop en roos­ter die ge­sny­de kan­te droog in ’n groot pan tot mooi bruin. Hou een­kant en ver­hit die o­lie in die­self­de pan. Braai die maal­vleis lek­ker bruin en geur met sout, pe­per, kol­jan­der en ko­myn. Breek deur­gaans die maal­vleis met ’n spaan op so­dat dit k­lein kor­rels eer­der as groot brok­ke maak.

2 Voeg die cha­ka­la­ka en bo­ne by die maal­vleis saam met ’n skeut wa­ter en laat prut vir so­wat 20 mi­nu­te of tot geu­rig en ef­fens ver­dik. Skep op die voor­be­rei­de rol­le­tjies, s­trooi die kaas en kruie oor en lê da­de­lik weg.

Hoen­der-en-broc­co­li­sop

On­der R90 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 15 mi­nu­te

• 15 ml bot­ter • 30 ml meel • 1 li­ter hoen­der­af­trek­sel, warm • 250 ml melk • 1 k­lein kop broc­co­li, stin­gel ver­wy­der en die blom­me ge­kap

• 300 ml ge­vlok­te gaar braai­hoen­der • 300 g be­vro­re ge­meng­de groen­te • ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen

1 Smelt die bot­ter in ’n ka­strol en k­lits die meel by; braai vir ’n mi­nuut. K­lits die af­trek­sel by, ge­volg deur die melk. Roer die broc­co­li by en laat prut vir 5 mi­nu­te.

2 Roer die hoen­der, groen­te, suur­le­moen­skil en sout en pe­per na smaak by en laat prut vir nog 5 mi­nu­te. Sit voor met vars brood­rol­le­tjies.

Hoen­der met jas­myn­rys

On­der R130 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 40 mi­nu­te

• 4 groot stuk­ke hoen­der • 45 ml bot­ter • 6 tak­kies tie­mie • ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen

• 15 ml o­lyf­o­lie • 250 ml jas­myn­rys • 140 g k­lein mie­lies, ge­sny • 140 g ert­jie­peu­le, ge­sny • 1 li­ter af­trek­sel

1 Maak ’n paar diep di­a­go­na­le in­sny­dings deur die vel van el­ke stuk hoen­der en vryf dit in met die bot­ter, tie­mie, suur­le­moen­skil en ’n ruim strooi­sel sout en pe­per. Ver­hit die o­lie in ’n dik­boom­pan en braai die hoen­der bruin o­ral­oor. Dis be­lang­rik om die hoen­der goed te braai so­dat dit die­self­de tyd as die rys gaar sal wees (raad­pleeg die gaar­maak­tyd op die pak­kie van die rys).

2 Voeg die rys by die hoen­der in die pan en braai vir nog ’n paar mi­nu­te. S­trooi nou die groen­te by en giet die af­trek­sel in die pan. Sit die dek­sel op en laat prut vir so­wat 35 mi­nu­te of tot die rys en hoen­der gaar is. Sit voor met vars suur­le­moen en ba­si­lie as jy wil.

Kaas-en-spi­na­sie­pas­ta

On­der R100 • Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 300 g spag­het­ti • 125 ml room­kaas • 200 g ba­bas­pi­na­sie, ge­was • knip­pie rooi­pe­per • 5 ml suur­le­moen­skil, ge­ras­per

• 3 wie­le ro­me­ri­ge fe­ta­kaas, ge­krum­mel • 125 ml ge­ras­per­de har­de kaas soos par­me­saan, pe­co­ri­no of gruyè­re • vars ba­si­lie

1 Bring ’n pot sout­wa­ter tot kook­punt en kook die pas­ta tot al den­te. Ter­wyl die pas­ta kook, smelt die room­kaas met ’n skeut kook­wa­ter (som­mer uit die pas­ta­pot) in ’n pan en roer die spi­na­sie by. Braai tot die spi­na­sie­bla­re be­gin ver­welk.

2 Geur die spi­na­sie met rooi­pe­per en suur­le­moen­skil en roer die res van die kaas by. Ver­wy­der van die hit­te en skep die gaar pas­ta in die sous. Geur lig­gies met sout (die ka­se gaan be­paal hoe­veel jy no­dig het). Meng goed deur en sit da­de­lik voor met die ba­si­lie en vars­ge­ras­per­de swart­pe­per.

Deur Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.