BOSE brie­we

Die la­gie be­skaafd­heids­ver­nis in ’n mid­del­klas­buurt is soms maar dun, skryf Ka­rin Bryn­ard. Ver­al as ’n uit­bun­di­ge woef (of twee) dit be­proef.

Tuis - - TOONVENSTE­R -

LLê ek mos vroe­mô­re al wak­ker, be­sig om ’n brief aan my buur­man oor sy hon­de-la­waai te kom­po­neer. Ek skryf nog niks, ek be­dink dit nog, som­mer­so van­uit die moord­kuil in my hart. Die aan­hef, lê ek en wroeg, is al klaar moei­lik. Be­gin jy met “lie­we buur­man”? Te ge­sel­lig, dalk. Of ge­bruik jy sy naam? “Bes­te Pik­kie”? Nee, heng, klink soos die wyks­raads­lid se fonds­in­sa­me­lings­brief. “Bes­te me­neer Koe­ke­moer”? Dalk ’n tik­kie te for­meel. Jy wil jou toon­aard lie­wer ge­moe­de­lik, dog iet­wat saak­lik, hou. “Bes­te Buur­man”, dus.

Nou vir die res. Jy weet wat jy éint­lik wil sê, maar die goue re­ël is: Hou dit be­skaafd. Ver­tel vir hom sy hon­de blaf. Bie­tjie baie, mag jy dalk by­voeg. Hou dit net­jies, ont­hou. Want jy praat mos maar eint­lik na­mens die he­le buurt. Nie­mand het die moed om vir Pik­kie tromp­op te loop oor sy brak­ke se ge­raas nie. Dus kom­po­neer jy op jou een­tjie ’n ge­meen­skap­li­ke brief. Jy meld niks van jou per­soon­li­ke el­len­de nie. Hoe jy smoors swet­send wak­ker word nie, by­voor­beeld. Som­mer vroeg al. Die son is nog s­kaars ’n be­lof­te van die nag, dan lê jy al tan­de­kner­send daar met ’n drie­sy­fer­bloed­druk. En jy sê ook niks oor jou wan­hoop­seks­pe­ri­men­te met oor­plui­sies nie – soos daar­die aak­li­ge was­bol­le wat voel of ie­mand twee win­ter­du­vets in jou ore ge­prop het. Of van jou ge­hei­me weer­wraak­ge­dag­tes – oor hoe jy ou Pik­kie se foon­nom­mer in die koe­rant se snuf­fel­gids by die “Sek­sie Ge­not­pop­pies” wil ad­ver­teer – nie.

Jy bly stil oor die er­ger­nis van jou foon wat jy al twee keer moes dorp toe vat vir her­in­stel­lings en op­skroe­we­ry en die ure se tyd­mors wat dit jou kos.

Laas­ge­noem­de het al­les be­gin met die app om te leer me­di­teer en kal­meer. Dit heet iets soos Mind o­ver mat­ter en kos ’n he­le paar A­me­ri­kaan­se dol­lars. Vroeg­og­gend, so­dra die hon­de op dreef kom, tas ek op die bed­kas­sie rond vir die foon. Daai app moet nou sy ding doen.

Maar ek ver­geet: Dis mos ’n nu­we foon en hy’s bit­ter fên­sie. Ont­gren­del met ge­laats­her­ken­ning, of­te­wel fa­ce re­cog­ni­ti­on. Be­hal­we as dit don­ker is. Dan wei­er hy vol­strek, want hy kan jou bak­kies nie “sien” nie en jy moet maar die ou PIN-me­to­de ge­bruik.

Maar nou’t die nu­we foon ook ’n nu­we PIN en my slaap-dom brein suk­kel. Met die der­de pro­beer­slag maak hy so ’n on­heil­spel­len­de tjoeps-ge­luid en sit hom­self af. Per­ma­nent. En ek voel som­mer hoe my bloed­druk boon­toe skiet.

Langs­aan gaan die twee ge­raas­mon­sters uit­bun­dig die dag te­ge­moet.

Die helf­te van die la­waai is na­tuur­lik my eie skuld. Aan­vank­lik was daar net een hond, sien? Wag­ter. ’n S­kat­ti­ge her­ders­hond­jie – die ene stert en ore. Ou­gat.

Maar na­ma­te Wag­ter gro­ter ge­word het, het sy sjar­mes ver­dwyn. Hy’t ont­pop in ’n se­nu­wee­wrak wat vir el­ke be­we­ging in die s­traat his­te­ries a­larm maak. Een mid­dag loop ek vir baas Pik­kie raak en be­sluit ek gaan iets sê. Maar, laf­aard wat ek is, kom dit be­leefd-skeef uit. Ek sê Wag­ter klink vir my baie een­saam, oor hy im­mer so troos­te­loos blaf.

En woeps! is daar skie­lik twéé blaw­wers. En hul­le is lé­wen­dig, jong. En pa­raat. Hou neu­ro­ties wag tot saans wie-weet en smoors jaag hul­le die vo­ëls uit die ve­re.

Ek skryf ver­woed aan die brief ... in my kop. Ek ver­tel hoe ek mi­grai­ne kry, hoe die he­le buurt kla en ek dreig met aan­kla vir rus­ver­sto­ring. Die brief ver­laat na­tuur­lik nooit my kop nie.

Maar sa­wens, as die hon­de my wak­ker hou, kry ek tóg so ’n k­lein stuk­kie wraak in. Ek speel daar­die bul­de­ren­de or­rel­kon­sert van Bach, die Toc­ca­ta en Fu­ga in D. Ek draai die klank be­hoor­lik oop – gooi al­le deu­re en ven­sters wyd en hoop dat buur­man Pik­kie ’n bie­tjie van sy eie me­di­sy­ne smaak.

Soms looi ek as­pris ’n don­de­ren­de Wag­ner-o­pe­ra by. Kry vir jou, Pik­kie Koe­ke­moer! Smoors lê ek weer vroom en skryf aan daai brief in my kop ... Tot gis­ter, toe hier ’n a­no­nie­me brief op­daag. Dit dreig om my “na­mens die he­le buurt” te gaan aan­kla vir rus­ver­sto­ring. Ek ont­stig kwan­suis mens en dier met my “on­uit­staan­ba­re” mu­siek­la­waai. Bach on­uit­staan­baar, en ék ont­stig­te­lik?

Bar­ba­re, wil ek uit­roep. Maar ek be­dink my. Dalk is daar net een bar­baar hier ter spra­ke, ou Pik­kie self, wat skyn­baar te “or­dent­lik” is om my di­rek oor Bach aan te spreek. Laf­bek.

Net van­aand be­gin ek ’n nu­we brief ...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.