[ STEGGIEDAG]

Tuis - - LESERTOERE -

Wat is nou be­ter as ’n steggiedag waar jy na har­te­lus plan­te kan uit­ruil? Dit is pre­sies wat die le­de van die plaas­li­ke tuin­bou­klub waar­aan Ma­ya be­hoort, doen.

“Ons het in Au­gus­tus 2017 ons eer­ste steggiedag ge­hou. Almal hier by ons het groot tui­ne en het al­tyd plan­te no­dig. Net so het almal ook baie plan­te waar­van hul­le kan steg­gies maak en kan ruil. Dan kom almal by­me­kaar in een tuin waar hul­le hul steg­gies som­mer in ho­pe neer­sit vir self­help, of ’n he­le pol plan­te staan­maak so­dat elk­een met ’n graaf ’n stuk­kie kan af­steek. En as daar nie ge­noeg is nie, gaan haal jy nog in jou tuin en ruil ver­der uit.

“Ver­le­de jaar is steggiedag by my ge­hou. Meer as 50 tui­niers het dit by­ge­woon en el­ke lid van die tuin­bou­klub kon ’n gas saam­bring. Teen die ein­de van die dag was daar nie ’n plant­jie oor nie. Boon­op het ons heer­lik saam­ge­kui­er. My groot kom­buis­ta­fel het ge­kreun on­der die koek en daar het min van oor­ge­bly! Dit was ’n fan­tas­tie­se tuin­dag.” >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.