Volgraan-botterbroo­djies

Tuis - - LESERTOERE -

’n Vars­ge­bak­te skon wat smelt in jou mond is die per­fek­te tee­tyd­be­derf. Vir dié resep maak jy jou eie bot­ter. Ge­noeg vir 8 botterbroo­djies en 200 ml bot­ter Be­rei­dings­tyd: 30 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 25 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 200 °C

• 250 g (450 ml) bruis­meel • 10 ml bak­poei­er • 250 g (420 ml) vol­ko­ring­meel • ’n knip­pie sout • 160 g bot­ter • 250 ml melk plus ek­stra vir oor­verf BOT­TER • 1 hou­er­tjie (250 g) mas­car­po­ne • 125 ml room • 5 ml suur­le­moen­sap • ’n ruim kny­pie see­sout­vlok­kies

1 Voor­ver­hit die oond. Sif die bruis­meel en bak­poei­er saam en roer dan die vol­ko­ring­meel en sout by tot ge­meng. Vryf die bot­ter in met jou vin­ger­pun­te tot die meng­sel soos grow­we brood­krum­mels lyk. Sny die melk in met ’n mes tot die deeg net by­me­kaar­kom. Keer uit en knie lig­gies tot am­per glad (oor­werk­te deeg kry ’n taai teks­tuur).

2 Druk die deeg ef­fens plat in ’n skyf van so­wat 1,5 cm dik. Ge­bruik dan ’n sir­kel­sny­er en sny 8 botterbroo­djies uit. Pak op ’n ge­smeer­de bak­plaat, verf met ’n bie­tjie melk en bak vir so­wat 25 mi­nu­te of tot gaar en uit­ge­rys. 3 Maak die bot­ter K­lits die mas­car­po­ne en room saam in ’n groot meng­bak tot­dat die meng­sel skei in so­lie­de stuk­kies (die bot­ter) en ’n mel­ke­ri­ge vloei­stof (kar­ring­melk). 4 Sit ’n stuk moe­se­lien­doek in ’n sif bo-oor ’n meng­bak, skep die bot­ter en kar­ring­melk daar­in, en drei­neer (hou die kar­ring­melk vir la­te­re ge­bruik). Was nou die bot­ter in ys­wa­ter en laat weer drei­neer – die koue wa­ter help dat die bot­ter by­me­kaar­kom en spoel e­ni­ge oor­bly­wen­de kar­ring­melk uit, wat weer help dat die bot­ter lan­ger hou. Geur die bot­ter na smaak met suur­le­moen­sap en sout. Ge­bruik die bot­ter net so of klop ’n lek­sel heu­ning of ’n strooi­sel bil­tong­skaaf­sels of vars kruie by. Dit maak die mas­car­po­ne­bot­ter lig­ter in teks­tuur en die geur­mid­dels druk ver­der jou stem­pel af.

5 Sit die botterbroo­djies warm voor met die bot­ter en an­der bo­laag­be­stand­de­le soos bil­tong­skaaf­sels, heu­ning of ap­pel­koos­kon­fyt.

Ek kan my nie ’n dag son­der bot­ter voor­stel nie. – An­ne­lien Pie­naar in Boe­re­kos met ’n twist

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.