Herderspas­tei met bruinbotte­r-kapok

Tuis - - LESERTOERE -

Herderspas­tei is in baie huis­hou­dings ’n weeks­aand-staat­ma­ker. Dié weer­ga­we met sy bruinbotte­r-kapok hoort op ’n lang­ta­fel met goeie ge­sel­skap en lek­ker wyn. Ge­noeg vir 8 Be­rei­dings­tyd: 2 uur Gaar­maak­tyd: 1 uur 45 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180 °C

• 15ml o­lyf­o­lie • 500 g ma­er maal­vleis • 500 g goeie vark­wor­sies • 5 ml elk fyn kol­jan­der en ko­myn • 1 me­di­um­groot ui, ge­kap • 2 me­di­um­groot wor­tels, ge­kap • 3 stin­gels sel­de­ry, ge­kap • 2 ra­pe, ge­skil en in blok­kies ge­sny • 3 knof­fel­hui­sies, fyn­ge­kap • 125 ml ta­ma­tie­pas­ta • 250 ml rooi­wyn • 1 blik ker­sie­ta­ma­ties • 500 ml af­trek­sel • 60 ml bot­ter • 250 g dwergs­am­pi­oe­ne, ge­sny • 5 groot aar­tap­pels, ge­skil • so­wat 125 ml vars kar­ring­melk of room, warm • 5 ml bak­poei­er • ’n knip­pie neut­mus­kaat • 5 sa­lie­bla­re

1 Ver­hit die o­lie en braai die maal­vleis tot bruin. Breek die vleis deur­gaans op met ’n spaan. Ver­wy­der die vark­wor­sie­vleis uit die derms en voeg dit saam met die spe­se­rye by die maal­vleis; braai tot dit ook mooi kleur kry. Skep uit, maar be­hou e­ni­ge vet in die pan.

2 Vul die o­lie aan in­dien no­dig en braai nou die ui, wor­tel, sel­de­ry, raap en knof­fel tot glan­send (min­stens 5 mi­nu­te). Roer die ta­ma­tie­pas­ta by en braai deur. Skep die vleis te­rug in die pot en voeg die wyn by. Laat kook drif­tig tot met die helf­te in­ge­damp. Roer die ge­blik­te ta­ma­tie en af­trek­sel by en laat prut rus­tig vir 1 uur.

3 Smelt die helf­te van die bot­ter in ’n pan en braai die sam­pi­oe­ne mooi bruin. Roer dit by die vleis en geur na smaak met sout en pe­per. Laat prut ver­der son­der die dek­sel tot lek­ker dik en skep dan in ’n mooi oond­bak.

4 Vir die ka­poklaag, kook die aar­tap­pels tot gaar in sout­wa­ter. Drei­neer en roer die kar­ring­melk, bak­poei­er, neut­mus­kaat en ’n goeie kny­pie see­sout by en maak fyn met ’n aar­tap­pel­druk­ker – werk drif­tig om ’n veer­lig­te kapok te ver­kry. Oor­deel self of die teks­tuur reg is; jy kan meer of min­der vloei­stof by­voeg. Skep die kapok bo-op die vleis in die oond­bak. Ons het ’n spuit­sak met ’n ster­punt ge­bruik om die aar­tap­pel in par­man­ti­ge ho­pies te spuit.

5 Voor­ver­hit die oond. Smelt die res van die bot­ter in ’n k­lein pan en braai die sa­lie­bla­re daar­in. Die bot­ter moet ’n lig­bruin kleur en ’n neu­te­ri­ge smaak kry son­der om te brand. Giet die sa­lie­bot­ter oor die kapok en bak die herderspas­tei vir so­wat 30 mi­nu­te. Span ge­rus jou roos­ter­e­le­ment in as die aar­tap­pels nie bruin ge­noeg na jou sin ge­bak is nie. Sit da­de­lik voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.