S­jo­ko­la­de­pal­miers

Tuis - - LESERTOERE -

Dié lek­ker­nye, ook be­kend as “vark­o­re” of “hoe­fies”, word ge­maak met net drie be­stand­de­le. Ge­bruik dus net die bes­te. Maak so­wat 12 • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Bak­tyd: 15–17 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 190 °C

• 2 x 250 g-blaar­deeg­vel­le, ge­maak met reg­te bot­ter • so­wat 30 ml sjo­ko­la­de­smeer • so­wat 15 ml ka­neel­sui­ker 1 Voor­ver­hit die oond. Blaar­deeg moet koud bly vir die bes­te re­sul­ta­te, so werk vin­nig! Sit die eer­ste vel deeg op ’n skoon op­per­vlak neer en smeer ver­sig­tig ’n dun la­gie sjo­ko­la­de­smeer oor. Sit nou die twee­de vel deeg bo-op en s­trooi die ka­neel­sui­ker oor. 2 Vou dan die deeg­sta­pel van twee kan­te na die mid­del op om die U-vor­mi­ge spi­ra­le te maak (jy kan dit ook net dood­ge­woon soos ’n rol­koek op­rol). Ge­bruik ’n skerp mes en sny die deeg­rol ver­sig­tig in 1,5 cm-sky­we. Pak die sky­we op ’n bak­plaat wat met bak­pa­pier uit­ge­voer is. 3 Bak vir so­wat 12 mi­nu­te of tot goud­bruin en uit­ge­rys. Draai die spi­ra­le ver­sig­tig om en bak vir nog 5 mi­nu­te. Die pal­miers moet net deur­ge­bak wees, son­der dat dit kurk­droog word. Dis ’n groot be­derf saam met ’n be­ker tee of in jou kos­blik. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.