Steur­gar­na­le met rys­pilaf

Tuis - - LESERTOERE -

G’n bot­ter-sto­rie is vol­le­dig son­der ’n resep waar­in knof­fel­bot­ter en see­kos trou nie – dis ’n wen­kom­bi­na­sie so oud soos Va­der Tyd en steeds on­weer­staan­baar. Hou maar die pe­per­men­te na­by vir ná die fees. Ge­noeg vir 4 • Be­rei­dings­tyd: 25 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 35 mi­nu­te

• 50 g bot­ter • 5 ml o­lyf­o­lie • 1 ui, ge­kap • 1 groot wor­tel, ge­skil en in blok­kies ge­sny • 2 knof­fel­hui­sies, ge­kap • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 1 rooi brand­ris­sie, ge­kap (ont­pit as jy wil) • 5 ml bor­rie • 350 ml jas­myn­rys • 15 ml ta­ma­tie­pas­ta • so­wat 650 ml hoen­der­af­trek­sel • 12 groot steur­gar­na­le, derm ver­wy­der • 15 ml o­lie • 45 ml bot­ter • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • ’n knip­pie pa­pri­ka • 15 ml vars pie­ter­sie­lie, ge­kap • 3 ml ge­ras­per­de suur­le­moen­skil • vars suur­le­moen­sap vir voor­sit

1 Ver­hit die bot­ter en o­lie in ’n swaar­boom­pan en roer­braai die uie en wor­tel sta­dig tot dit be­gin kleur kry. Voeg die knof­fel, gem­mer, ris­sie en bor­rie by en braai vir nog ’n mi­nuut of twee. Roer nou die rys en ta­ma­tie­pas­ta by tot­dat die kor­rels o­ral­oor met die bot­ter be­dek is.

2 Voeg die hoen­der­af­trek­sel en ’n strooi­sel see­sout by en ver­hit tot kook­punt. Die hoe­veel­heid sout gaan af­hang van hoe sout jou af­trek­sel is, so ont­hou om te proe. Ver­laag die hit­te en laat prut, met die dek­sel op, vir 15 mi­nu­te of tot die rys net gaar en geu­rig is. Hou dop en vul die vloei­stof aan in­dien dit al­les ge­ab­sor­beer en weg­ge­kook is voor die rys gaar is. Ver­wy­der van die hit­te en laat stoom vir nog so­wat 5 mi­nu­te.

3 Ver­hit ’n dik­boom­pan tot lek­ker warm. Verf die steur­gar­na­le met die o­lie en braai vir so­wat twee mi­nu­te. Draai om en roer die bot­ter, knof­fel, pa­pri­ka, pie­ter­sie­lie en si­trus­skil by en braai vir nog so­wat 3–5 mi­nu­te, af­han­gend van die groot­te van die ge­drog­gies, tot o­ral­oor pienk en gaar. Toets een as jy on­se­ker is.

4 Ver­wy­der van die hit­te en geur met sout en pe­per na smaak, so­wel as vars suur­le­moen­sap. Skep die rys op ’n bord en rang­skik die gaar steur­gar­na­le bo-op; be­druip die lot met el­ke drup­pel bot­ter uit die pan. Smul da­de­lik met ek­stra kruie en

suur­le­moen na smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.