Be­gin in die slaap­ka­mer ...

Tuis - - VOOR & NÁ -

PROJEKGIDS Har­de werk 3/10 • Vaar­dig­heids­vlak 3/10 Tyd no­dig Na­week­pro­jek Doen die he­le pro­jek vir R6 267: Verf R910, gor­dyn­re­ling R500, gor­dy­ne R760, Gi­ant Pe­o­ny-muur­plak­kers R1597, spie­ëls R500, kris­tal­le R250, goue vi­niel R200, ge­he­kel­de ta­fel­doek R50, mat R1 500

SSit jy met ’n saai slaap­ka­mer en ’n knap be­gro­ting? Dis tyd om ’n bie­tjie dro­me te droom ... Tuis se self­doen­ken­ner S­hel­ly Bergh wys ons hoe om ’n splin­ter­nu­we voor­koms te be­dink – en doen jy dit in fa­ses, sal dit boon­op nie jou sak ruk nie.

Dis wat sy ge­doen het ...

Moet nooit die tref­krag van ’n fo­kus­muur on­der­skat nie. S­hel­ly het die muur ag­ter die bed in ’n prag­ti­ge groen – Du­ram Wall & Cei­ling in die kleur St Fran­cis Heig­hts – ge­verf en ba­lans ge­bring deur die an­der mu­re ’n laag Du­ram Clas­sic Matt in Ce­res Blush te gee. Prag­ti­ge Gi­ant Pe­o­ny-muur­plak­kers ver­leen ’n tit­sel ro­man­se.

Gi­ant Pe­o­ny-muur­plak­kers van sticky­t­hings.co.za; wit du­vet­stel, wit ka­toen­de­ken, kuns­pels en ter­ra­ri­um van @ho­me; lang strooi­kus­sing met roos­goue de­tail van MRP Ho­me; an­der kus­sings van H&M Ho­me

{Dis in die de­tail}

’n Droommooi pla­fon­roos (links) ver­leen ton­ne sjar­me aan die slaap­ka­mer en met ’n bie­tjie Bras­so het die ou hang­lamp sy spran­kel te­rug­ge­kry! S­hel­ly het kris­tal­le aan die lamp ge­hang en ’n krans uit goue vi­niel ge­knip vir ’n bie­tjie glans.

{Dis in die de­tail}

S­hel­ly het die re­tro-bed­ta­fel­tjies (regs) op­ge­kik­ker met T­j­ho­ko Paint in die kleur S­her­if’s S­to­ne. Al die plat op­per­vlak­ke is ge­verf, maar die hout­ran­de is af­ge­skuur en ont­bloot ge­los.

Goue vi­niel van Mai­zey; kris­tal­le van Glo­bal Be­ads

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.