SUB­TIE­LE SKA­KE­RINGS

Tuis - - LESERTOERE -

Sag­ter ska­ke­rings van la­ven­tel­pers en mau­ve-pienk ver­leen diep­te en ska­du aan die herfs­tuin. Pro­beer dié skoon­he­de: • Sam­breel­boom (Ka­ro­mia spe­ci­o­sa sin. Holm­skol­dia spe­ci­o­sa), ’n en­kel- of veel­stam­mi­ge struik, is im­mer­groen in ryp­vrye ge­bie­de en blad­wis­se­lend in koue tui­ne. Die o­lyf­groen bla­re is bleek­groen aan die on­der­kant. In die laat­so­mer ver­skyn tros­se pa­pier­ag­ti­ge blom­me wat hoof­saak­lik blou-vi­o­let is, maar mau­ve-pienk by die ba­sis. Wan­neer die hoof­deel af­val, bly die pienk ba­sis ag­ter. Die nek­tar­ry­ke blom­me lok bye en skoen­lap­pers. • Rus­sie­se sa­lie (Pe­ro­vskia a­tri­pli­ci­fo­lia) dra lig­te la­ven­tel­pers blom­me op reg­op sil­wer­ag­ti­ge ste­le, en die a­ro­ma­tie­se sil­wer­grys loof het ’n veer­ag­ti­ge voor­koms. Plant dit in vol­son en goed ge­drei­neer­de grond. • In die reg­te kli­maat en toe­stan­de sal jy die baard­sui­ker­bos (Pro­tea ne­ri­i­fo­lia) se pienk skut­bla­re met hul blou­swart pun­te in die herfs en win­ter sien; die kelk­vor­mi­ge blom­me van die op­reg­te­sui­ker­bos (P. re­pens) ver­skyn weer van die herfs tot in die len­te. • Die plat blom­kop­pe van Se­dum spec­ta­bi­le ‘Au­tumn Joy’ ver­kleur van dof­pienk tot roes­rooi, ’n lief­li­ke kon­tras met hul grys­groen vet­plant­ag­ti­ge bla­re.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.