Ag­ter­blad

Dis soms be­ter as ’n sterk do­sis Pro­zac, sê Ka­rin Bryn­ard, om die brui­sen­de blyd­skap in ’n lug­ha­we se aan­koms­saal te er­vaar.

Tuis - - CONTENTS -

Ka­rin Bryn­ard gesels

HHerfs­hit­te­golf en die Kaap­se ber­ge bib­ber blou-grys on­der ’n hel­sem van ’n ou­laas-so­mer­son. Op die snel­weg na die lug­ha­we kruip die ver­keer bie­tjies-bie­tjies en my se­nu­wees is klaar. Want net­nou staan die kin­ders al daar en ek sit nog swet­send hier en uit­kook in die kar.

Ek wil nie eens begín kla oor taxi’s nie, wat nog te sê van die res van die i­di­o­te­dom in die ver­keer.

Teen die tyd dat ek uit­ein­de­lik par­keer­plek vind en die rie­me neer­lê na die in­ter­na­si­o­na­le aan­koms­saal, kan jy met my sweis. Nie dat ek vro­lik word toe dit blyk dat die vlieg­tuig ver­traag is nie, want nou moet ek meer as ’n uur staat wag. Ek en ’n le­ër­ska­re an­der, want dis drie of vier hengske vlug­te van o­ral­oor wat kort op me­kaar se hak­ke land. En dis warm, en my dik­be­dons­geid wei­er om te lig.

Ek het tot die vroe­ë­mô­re-ure staan wer­skaf aan huis reg­kry vir ’n vyf­stuks-fa­mi­lie uit Eu­ro­pa en voel dit tot in my murg. Ek kyk rond vir ’n stoel, maar alles sit vol. Dit gaan ’n lang, pyn­li­ke uur word. Dêm.

Voor my staan ’n jon­ge­ri­ge vrou met ’n streng ge­sig en diep frons­plooie. In haar raak­vat­ter­hand hou sy ’n en­ke­le bal­lon aan ’n rooi lint vas. Wel­co­me Home sê die bal­lon. Sy kyk ’n bars uit die deu­re na die ba­ga­sie­saal, as­of sy haar aan­ko­me­ling wil dwing om on­mid­del­lik nét daar te ma­te­ri­a­li­seer: Be­am him do­wn, Mr. S­cott, or el­se ...

Nef­fens haar is daar ’n jong man met arms. Vrees­li­ke arms. Hy dra ’n sty­we de­nim­hemp waar­van die moue lyk of dit met ge­weld af­ge­ruk is. Die los ga­res en ra­fels staan al­le rig­tings rond­om sy bol­len­de bo­arm­spie­re en wan­neer sy arms beweeg, lyk dit of daar lui­slan­ge on­der sy arm­vel wrie­mel. Ek staar ge­hip­no­ti­seerd.

Daar’s ’n he­le ry mans met das­se aan wat bord­jies op­hou met uit­land­se name daar­op. Ek kyk na die name en won­der oor die ei­e­naars. Sa­ke­men­se dalk? Of kon­fe­ren­sie­gan­gers? Be­soe­ken­de po­li­ti­ci op “fei­te­sen­dings”, dal­kies. Waf­fer­se soor­te “fei­te” kan óns bied, won­der ek ge­ïr­ri­teerd, met po­li­tie­ke par­tye soos Kiss en

die Dag­ga­par­ty. En die Or­ga­nic Hu­ma­ni­ty Mo­vement (glo niks met hi­dro­po­nie­se ba­bas te doen nie). En na­tuur­lik die ra­sen­de rooi­pak­kies in die Par­le­ment.

’n Uit­bun­di­ge groep jong vroue in on­moont­lik hoë hak­ke, fyn­ge­vleg­te kap­sels en alles-wys-klere neem sel­f­ies. Hul­le lyk of hul­le per on­ge­luk uit die musiekvide­o van ’n rap­per – Ka­nye West of S­noop Dogg – hier be­land het.

Dan be­gin die eer­ste aan­kom­mers drups­ge­wys te voor­skyn kom en al ons wag­ten­des rig ons fo­kus op die gly­deu­re. Eer­ste uit is twee jong­man­ne met son­ver­bleik­te lok­ke en reu­se-bran­der­plan­ke. Nog een volg met ’n ding so groot soos ’n ka­noe. Hul­le word in­ge­wag deur ’n mid­del­ja­ri­ge boer in ’n ka­kie­kort­broek en sy ron­de vrou in ’n sweet­pak en groot swaai-oorbelle. Die jon­gens spring om­trent in die twee men­se se arms en daar word ge­soen en gedruk dat die sop spat. Pa vee skelm tra­ne aan sy son­ver­bruin­de voor­arms af.

Die kwaai vrou met die bal­lon kom skie­lik in be­we­ging. ’n Seun met Do­wn­sin­droom hard­loop in haar arms in. Haar ge­sig straal en die kind gryp lag­gend na die bal­lon.

Die stroom aan­kom­mers raak nou vin­nig ster­ker en ek rek my nek vir die kin­ders. Ek ge­waar ’n riet­skraal mei­sie in ’n mi­nis­ku­le de­nim­rom­pie en lang, dun be­ne. Sy lyk soos ’n fee­tjie wat deur ’n sterk wind hier in­ge­waai is. Die kê­rel met die arms pyl op haar af en lig haar met tas en al van die grond af en swaai haar in die rond­te, soen haar lief­de­rik en aan­hou­dend. Al swe­wend en soe­nend wals hul­le ver­by in die rig­ting van die uit­gang – the beauty and the be­ast. Dan is daar ’n kom­mo­sie by die koek­sel S­noop Dogg-mei­sies. Hul­le het ’n ou vrou­tjie in ’n rol­stoel ge­waar wat deur ’n lug­waar­din ge­stoot word. Jil­lend en jo­de­lend storm hul­le op Go­go af, hak­ke al klak­kend. Die ou­ma gooi haar arms oop en die mei­sies soen haar en knuf­fel teen haar aan soos kui­kens teen ’n moe­der­hen.

Teen die tyd dat my kin­ders ver­skyn, is my hart lig en vro­lik en op­nuut ver­kwik en ver­sterk aan die he­len­de krag van men­se­lief­de. Die le­we dra swaar ge­noeg aan al die af­skeid en ver­trek. Se­ker dié dat die aankoms so soet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.