Tuin­di­lem­ma

Tuis - - CONTENTS -

Die uit­da­ging

A­man­da Green van Kaap­stad skryf Ek bly in ’n woon­stel en het dus nie plek vir ’n tuin nie, maar be­stee graag tyd op my bal­kon, ver­al in die war­mer maan­de. Ek is glad nie ’n er­va­re tui­nier nie, maar sou graag wou weet wat ek in pot­te kan plant om my bal­kon ’n bie­tjie kleur in die lente te gee; hoe doen ek dit?

Die op­los­sing

Piet­man Die­ner, ’n tuin­ont­wer­per van

S­tel­len­bosch, antwoord Plant in die herfs ’n ver­skei­den­heid bol­le en jaar­plan­te wat in die lente blom in pot­te en plaas hul­le in ’n son­kol op jou bal­kon waar dit kleur kan ver­skaf.

Bol­le in pot­te het goeie ver­sor­ging no­dig om mooi te blom en moet ge­noeg voe­ding en wa­ter kry. Ge­bruik dus goeie pot­plant­grond, hou dit klam en gee die bol­le gereeld kos. Dis be­lang­rik dat die pot­te van die be­gin af in die son staan. In­dien die bol­le wat jy ge­bruik half­ska­du­wee ver­kies, is so­wat vyf uur se og­gend­son vol­doen­de.

E­ni­ge pot of hou­er sal werk, so­lank dit groot ge­noeg is vir die aan­tal bol­le wat jy wil plant. Ge­bruik min­der van el­ke bol en saai­ling in klein houers so­dat hul­le me­kaar nie ver­dring nie.

SÓ MAAK JY

1 Boor min­stens vyf drei­ne­rings­ga­te on­der­in die hou­er as dit nie reeds ga­te het nie; oor­tol­li­ge wa­ter moet kan uit­loop. 2 Be­dek die bo­dem van die hou­er met ’n laag Bi­dim-ge­o­teks­tiel of ska­du­net wat wa­ter deur­laat; dit keer dat die grond deur die ga­te val, maar laat steeds die wa­ter deur vir goeie drei­ne­ring. Gooi ’n la­gie gruis­klip­pies, so­wat 2–5 cm dik, daar­op. 3

Maak die pot nou so­wat drie­kwart vol goeie pot­plant­grond. Dit is nie no­dig om ek­stra kom­pos by die grond te voeg nie; goeie pot­plant­grond be­hoort dit reeds in te hê. Voeg ’n hand vol or­ga­nie­se be­mes­ting soos At­lan­tic Fer­ti­li­sers se Bio Ga­nic All Pur­po­se by om die bol­le ’n hup­stoot te gee. 4

Maak nou die grond nat. Dit sak ge­woon­lik ’n bie­tjie na­dat jy nat­ge­gooi het; vul dus op in­dien no­dig. 5

Plant die bol­le vol­gens die aan­wy­sings op die pak – dit sê hoe diep en hoe ver uit me­kaar el­ke soort bol ge­plant moet word. Wan­neer alles in die grond is, maak die pot tot on­ge­veer 1 cm on­der die rand vol pot­plant­grond. 6

Maak die bol­le so­wat drie keer per week goed nat. Dit moet klam bly en nooit uit­droog nie; moet net nie so­veel wa­ter gee dat dit op­dam nie. 7

Wan­neer die bol­le uit­ge­loop het, moet dit el­ke twee we­ke kos kry; pro­duk­te soos Se­a­gro en Nitro­sol werk goed.

Wan­neer die bol­le be­gin blom As jy pronk­ert­jies, pa­pa­wers, ver­geet-my-nie­tjies, kap­per­tjies of vi­let­te tussen die bol­le ge­plant het, sny die dooie blomme gereeld uit; die pot sal mooi­er lyk en die saai­lin­ge sal meer blom. Hou in ge­dag­te dat bol­le soos af­fo­dil­le en tul­pe net een blom per sei­soen maak.

Ná blom­tyd Moe­nie op­hou kos­gee wan­neer die blomme dood­gaan nie. Die bla­re neem die voe­ding op en stoor dit in die bol so­dat dit vol­gen­de jaar weer kan blom.

Tot vol­gen­de herfs Haal die bol­le uit wan­neer al die bla­re dood is en bê­re hul­le op ’n koel, droë plek. Nie al die bol­le sal nood­wen­dig die vol­gen­de jaar weer blom of die­self­de aan­tal blomme le­wer nie. Deel jou bol­le met ’n vriend en koop nu­we bol­le vir jou pot­te.

KON­TAK Piet­man Die­ner 072 376 5632

S­neeu­vlok­kies ver­skyn jaar ná jaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.