Hal­lo

In ons om­swer­win­ge reg oor die land op soek na hui­se en tref­fen­de ver­trek­ke,

Tuis - - CONTENTS -

sien ons die af­ge­lo­pe tyd ál meer swart. Grys in al sy ska­ke­rings is reeds ’n jaar of twee ’n t­rend, maar dit lyk my le­sers se ap­tyt vir die dra­ma­tie­se het toe­ge­neem. Kyk net die foto’s in ons ar­ti­kel “Be­koor met swart” op bl. 56. Van stoe­pe tot kom­bui­se en selfs ’n kin­der­ka­mer spog met dié ryk kleur wat deesdae die “nu­we neutraal” ge­noem word.

Ek sou my kon ver­stout en sê dis E­s­kom se skuld, want as die lig­te af­gaan ná son­on­der is alles in­der­daad swart. Ek re­ken jy kan dit net­so­wel om­arm. Want doen jy dit nie, wel ... dan is dit nag. (Net vir die re­kord, met die ver­kie­sing om die draai: Ek is nie be­sig met ’n po­li­tie­ke veldtog nie, ek sê maar net.)

Toe ons die eer­ste keer oor dié sto­rie be­gin gesels, het ek my be­den­kin­ge ge­had. Per­soon­lik is ek eer­der ’n aan­han­ger van ’n diep don­ker­blou – hoe­ka die kleur wat ek pas in my huis vir drie ak­sent­mu­re ge­bruik het. Dié kleur het ’n ryk swart ondertoon en ek het we­ke na die toets­blok­ke teen die een muur in my leef­ver­trek ge­staar. (Daar was ses kleu­re op die kort­lys en die muur was na­der­hand am­per toe­ge­verf. Ek kon net­so­wel die blok­ke so los en ’n geometries­e pa­troon daar­van maak, het een vriend droog­weg opgemerk.)

Uit­ein­de­lik het ek op een be­sluit, en toe die ver­wer sy kwas­te weg­pak, was ek aan­ge­naam ver­ras deur die re­sul­taat.

Ken­ners sê dit neem 63 dae om ’n nu­we ge­woon­te aan te leer (of ’n sleg­te ge­woon­te af te leer). Die eer­ste 21 dae moet jy met vas­be­ra­de se­ker­heid el­ke lie­we dag doel­be­wus aan­dag gee aan jou nu­we ge­woon­te. So word dit ge­ves­tig in jou lang­ter­myn­ge­heue. Die vol­gen­de 42 dae is wat ’n mens se­ker kan be­skryf as “vas­leg­ging”. Een bron sê selfs dit raak deel van jou DNS. (On­wil­le­keu­rig het ek te­rug­ge­dink aan die ge­meen­te waar ek groot­ge­word het en waar ons do­mi­nee hom­self tal­le ma­le in ’n kerk­diens her­haal het – hoe war­mer die so­mers­dag, hoe lan­ger die preek. My pa het hom een­dag pront­uit daar­oor uit­ge­vra, en sy antwoord was dood­ge­woon: My krag lê in her­ha­ling, broer P­re­to­ri­us …)

Ie­der­ge­val, op die in­ter­net is daar selfs ver­wy­sings na ’n NASAeks­pe­ri­ment waar­in ruim­te­vaar­ders na be­we­ring 30 dae lank on­on­der­bro­ke ’n bril moes dra wat hul­le on­der­ste­bo laat sien het. Vol­gens dié stu­die, en tal­le an­der self­help­boe­ke daar­na, het die ruim­te­vaar­ders tussen dag 25 en 30 skie­lik “reg” be­gin sien. Nog­al.

Dié eks­pe­ri­ment is in­tus­sen in twy­fel ge­trek, maar die slot­som van die li­te­ra­tuur daar­oor is in­der­daad dat jy nie som­mer ’n nu­we ge­woon­te aan­leer in min­der as 2 maan­de nie. En dan is dit twee maan­de van vol­ge­houe, doel­be­wus­te (en se­ker pyn­li­ke) kon­sen­tra­sie.

My punt is: Swart mag dalk nie my guns­te­ling-kleur wees nie, maar hoe meer ek daar­oor dink en hoe meer ek dit sien, hoe meer hou ek van dié veel­sy­di­ge kleur. So­veel so dat ek nou een­dag op pad deur Mon­ta­gu in die Klein-Ka­roo by­na stil­ge­hou het om ’n foto te neem van ’n s­jar­man­te ou dorps­hui­sie wat van kop tot to­ne git­swart ge­verf is. Kan jy glo?

Het jy ’n tit­sel swart in jou huis? Stuur dan vir ons ’n foto, ons wil sien. • So ge­praat van foto’s stuur: Ons het ’n nu­we kom­pe­ti­sie, Rook­ie S­ty­list, in ven­noot­skap met MRP Home. Die de­tail is op bl. 14, maar kort­om werk dit só: Jy neem foto’s van wat ook al vir jou mooi is in jou huis, deel dit met ons op In­sta­gram – en staan die kans om ge­kroon te word as ons heel eer­ste Rook­ie S­ty­list. Hoe op­win­dend is dit?

re­dak­[email protected]

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.