KORT­LIKS

Tuis - - CONTENTS -

Wat is nou lek­ker­der as om ná ’n har­de dag se swoeg en s­weet met ’n nu­we Tuis en die dreu­ning van die see as ag­ter­grond­mu­siek op jou ag­ter­stoep te ont­span! – Estel­le van der Merwe, Sand­baai

Ek het Wi­cus se brief in die Maart-uit­ga­we so ge­niet. Ná my man se dood het ek na ’n kot­huis in ’n af­tree­oord ge­trek. Met die trek moes ek al die op­gaar­goed uit­sor­teer, en om­dat ons by­na 40 jaar in die huis ge­woon het, was dit om­trént ’n taak! Ná am­per drie jaar in die kot­huis kan ek sien dit raak weer sul­ke tyd. So nou moet ek maar weer Wi­cus se raad volg en my doen­ly­sie op­stel! – Ann Wa­ter­son, A­man­zim­to­ti

Va­nog­gend “kui­er” ek saam met Tuis oor die he­le land – kof­fie langs hier­die ta­fel, gesels op daar­die bank, stap op kron­ke­len­de tuin­paad­jies ter­wyl die re­ën op ons stoep se sink­dak val. Ons het ’n hui­sie om­ring deur ’n groen strook by die see. Sy naam is Pak­kê­kie, na aan­lei­ding van die pak­ket wat ons (nood­ge­dwon­ge) ont­vang het (die ver­klein­woord dui op hoe groot die be­drag was). En al het ons toe­gang tot e­lek­tro­nie­se me­dia, wei­er ek om Tuis daar te lees – my hoog­te­punt van die maand is om my tydskrif te gaan koop. Ek stap by daar­die win­kel uit met my klei­nood in my hand en kan nie wag vir my “kui­er” nie! – R­ho­na van S­chalk­wyk, K­lein­baai

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.