Blok­tyd

Tuis - - VARS IDEES -

Ro­se­ma­ry Bar­ker het dié lief­li­ke fo­kus­punt in die Ai­rbnb-ruim­te in haar huis in Si­mon­stad ge­skep.

Sy het blou (Mi­das En­vi­ro­li­te in Sil­very Sea Fay­re) vier­kan­te op ’n be­staan­de geel muur bin­ne ’n raam van 235 x 90 cm ge­verf, en daar­na bord­jies wat sy oor ja­re by kat­te­bak­ver­ko­pings ge­koop het, met al­kant­plak­band op el­ke vier­kant teen die muur vas­ge­sit. “Ek volg twee rig­ly­ne wan­neer ek koop,” ver­dui­de­lik sy. “El­ke bord moet mooi wees uit eie reg en moe­nie meer as R25 stuk kos nie.”

Hoe het Ro­se­ma­ry sul­ke net­jie­se vier­kan­te ge­maak? “Ek het die blok­ke met mas­keer­band ge­merk en toe met ’n klein roller ge­verf. Die geheim agter net­jie­se ran­de is om die band ste­wig vas te druk voor jy verf.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.