Die tema deur­ge­dra

Tuis - - LESERTOERE -

Nie al­mal kry dit reg om hul de­kor of kleur­ske­ma reg deur die huis te laat geld nie, ver­al nie in kin­der­ka­mers nie. Maar Sam het dié kuns be­mees­ter.

Vir een­vor­mig­heid is een soort vloer­af­wer­king deur die he­le huis ge­bruik. “Ek wou spesifiek hê al my vloe­re moes een kleur en tekstuur hê, want ons vo­ri­ge huis het ’n kombinasie van te­ëls en matte ge­had, en ek het ge­voel dit breek die ruim­te te veel op,” ver­dui­de­lik Sam. Die don­ker af­ge­vlak­te vloe­re werk goed met die mo­no­chroom voor­koms en word versag met los matte.

Die C­hap­mans het hul meu­bels oor ja­re by­me­kaar­ge­maak. “Ek moet my in­hou, an­ders koop ek heel­tyd ougoed,” sê Sam lag­gend. “By­ge­sê, ek moet ’n plek vir alles kry en daar is vir se­ker ’n paar stuk­ke in my huis waar­van ek ontslae gaan raak so­dra ek die per­fek­te ding op­spoor.”

Wan­neer dit by kuns kom, wys Sam ook haar ver­nuf­ti­ge kant. “Ek wens ek het meer geld vir kuns ge­had ... Ek het ’n paar spe­si­a­le wer­ke deur die plaas­li­ke kuns­te­naars Grant de Lan­ge en An­ge­li­ka, maar ek moes ook te­vre­de wees met die goed­ko­per op­sie: af­druk­ke op seil­doek. Die af­druk­ke in my huis is ’n kombinasie van oor­spronk­li­ke A­fri­ka-stuk­ke en per­soon­li­ke foto’s wat ek oor die ja­re ge­neem het.” >>

Die eetkamerta­fel an­ker die groot oop­plan­ver­trek waar die ge­sin el­ke aand by­me­kaar­kom. Deur die dag is dit ook Sam se werk-a­rea; sy het on­langs Saint Lo­ri Boutique, ’n kle­re­win­kel in Umhlan­ga, ge­koop. Ta­fel en stoe­le van Pe­ter JA S­tu­art

Dié buf­fet­kas is op uit­ver­ko­ping by Buil­ders ge­koop – dit pas perfek in die ruim­te. Die kleu­re in die hout ska­kel in by die groe­nig­heid daar­rond­om. Sam glo dis be­lang­rik om met die in­trap­slag al ’n in­druk te skep met ’n tref­fen­de ak­sent­stuk; dis ook ’n prak­tie­se plek om jou hand­sak en sel­foon neer te sit. Haar seun Max het dié ron­de ta­fel swart ge­verf en ’n oor­skiet­stuk marmer is ge­sny om op sy blad te pas. Hanglamp van Couch In­te­ri­ors

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.