Die lekker le­we

Tuis - - OPKNAP -

Ti­pies van ou­er hui­se was die kom­buis en leef­a­rea deur ’n muur ge­skei; die smal U-vor­mi­ge kom­buis was ook taam­lik knap.

Die paar­tjie wou ’n mo­der­ne, oop­plan-leef­a­rea skep waar hul­le die uit­sig op die tuin kon ge­niet, vrien­de en fa­mi­lie ont­haal en ’n oog oor hul be­dry­wi­ge kleu­ter hou.

“Die ou sit­ka­mer het net twee sy­deu­re ge­had wat nie die tuinuit­sig­te ten bes­te be­nut het nie,” sê Me­lis­sa. “Na­dat ons alles oop­ge­breek en ’n groot sta­pel­deur in­ge­sit het, is die ruim­te nou mo­dern en oop, met naat­lo­se vloei van bin­ne na bui­te. Dis ons guns­te­ling­ver­trek in die huis en ons b­ring ure hier as ge­sin saam deur. Dis ook won­der­lik om te sien hoe die eek­ho­rings oor die gras­perk hard­loop ter­wyl hul­le kos by­me­kaar­maak.”

Die kom­buis­kas­te is in­ge­sit deur Hol­ly Wood Kit­chens and Fur­ni­tu­re. “Na­dat ons een­keer ge­sien het wat­ter goeie werk hul­le doen, was ons oor­tuig hul­le moet ons nu­we kom­buis ont­werp,” sê Me­lis­sa.

Al was die eind­re­sul­taat “spog­ge­ri­ger” as wat sy en Grant aan­vank­lik wou hê, is hul­le dol daar­oor – en hul gas­te ook. “Ons is mal oor hoe dit die nu­we oop­plan­ruim­te ver­be­ter het en oor die fan­tas­tie­se tuinuit­sig wat ons het ter­wyl ons kook. En ons hou van die vi­su­e­le warm­te wat die kom­buis ver­skaf met sy weel­de­ri­ge, ro­si­ge gloed.” >>

Die nu­we oop­plan-sit­ka­mer-en-kom­buis het ’n kon­tem­po­rê­re af­ge­vlak­te vloer reg deur vir een­vor­mig­heid. Die sy­deur wat na die tuin oop­maak, is ver­vang met ’n groot a­lu­mi­ni­um-sta­pel­deur wat die uit­sig prag­tig om­raam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.