met Grant en Me­lis­sa

Tuis - - OPKNAP -

E­ni­ge geld­spaar­wen­ke? As jy kan bou, te­ël, verf, stik of skuur, be­sluit wat­ter dele van die op­knap jy self gaan be­har­tig; die res kan jy aan die ken­ners oor­laat. Ge­bruik ma­te­ri­a­le en by­kom­stig­he­de wat in jou mo­tor­huis rond­lê – dit b­ring ka­rak­ter in. As jy teen die ein­de van die jaar bou, kyk uit vir wins­ko­pe op Swart Vry­dag. Wat sou jul­le vol­gen­de keer an­ders doen? Ons het vir am­per ’n maand in die op­ge­knap­te mo­tor­huis ge­woon ter­wyl ons die hoof­huis on­der han­de ge­neem het, wat nog­al stres­vol kon wees – ver­al met ’n kleu­ter, op­pas­ser én twee kat­te! Daar­om sal ons lie­wer meer spaar om el­ders of by fa­mi­lie te gaan bly vir al­mal se sie­le­rus. E­ni­ge an­der wenke? Wees goed­ge­sind teen­oor jou maat – ’n op­knap kan e­mo­si­o­neel en fi­nan­si­eel uit­put­tend wees. Wat het jul­le die mees­te van die pro­jek ge­niet? Om weer ons han­de vuil te maak met ’n nu­we kre­a­tie­we uit­da­ging! Die op­knap-gog­ga het meer as ’n de­ka­de ge­le­de ge­byt en het ons nog nooit laat los nie. Jy kan se­ker sê dis ’n ti­pe ver­sla­wing. Wat’s vol­gen­de? Ons be­plan om ’n bui­te­kui­er­plek, ’n ga­ra­ge in die skuur­styl en ’n plon­spoel te bou. >>

Die en sui­te-bad­ka­mer se ven­ster is ver­vang met ’n a­lu­mi­ni­um-sta­pel­deur wat ton­ne na­tuur­li­ke lig in­laat. Die paar­tjie het ’n was­bak­kas met ’n grow­we se­ment­af­wer­king laat in­bou en dit af­ge­rond met ’n glans­se­ë­laar. Vloer- en muur­te­ëls met ’n se­ment­voor­koms kon­tras­teer met die warm­te van die koper-e­le­men­te. Voor die bad­ka­mer wat op die geil bui­te­ruim­te oop­maak, is ’n 2m lan­ge stoep aan­ge­bou.

Lat­pa­ne­le van The Po­le Yard Twee klei­ner bad­ka­mers is uit­ge­breek om ’n groot ge­sins­bad­ka­mer te vorm. ’n Bad met ko­per­poot­jies en ’n swie­ri­ge was­bak­kas gee glans aan dié ver­trek.

’n Wer­ken­de poot­jies­bad on­der ’n groot boom versier met fee­tjie­lig­te staan net bui­te die hoof­slaap­ka­mer se en sui­te. Vir pri­vaat­heid is die Vi­bra­cre­te-grens­muur ver­hoog met lat­pa­ne­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.