Tuin­ko­pies

Tuis - - KOMPETISIE -

S­kof­fel saam

Die hoog­te van die veer­lig­te dog ste­wi­ge Er­go­no­mic S­ho­vel (R449, gar­den­stuff.co.za) is ver­stel­baar, wat keer dat jy jou rug en mid­del­lyf oor­eis. Dit het ’n blad van sterk staal, ’n steel van lig­te staal en twee hand­vat­sels met ’n plas­tiek­om­hul­sel. Met dié s­kof­fel hoef jy nooit weer te buk nie! Dit is in Rusland ont­werp en is in 2018 aan­ge­wys as een van die bes­te 100 pro­duk­te afkomstig uit dié land.

Sag en stre­lend

El­ke tui­nier weet: ’n Dag in die tuin met jou han­de in die grond kan jou vel le­lik uit­droog. Everyday Gar­de­ning Balm (R110 vir 125 ml, soy­li­tes.co.za) is ver­ryk met roos­bot­tel en ga­lam­bot­ter om eel­te te versag en bevat ook si­troen­gras, laventel en le­moen­blom­o­lie om die vel te verfris. Dit word deur Beauty Wit­hout Cru­el­ty on­der­skryf, en dié nu­we produk in die Soy­Li­tes-reeks luukse lyf­ro­me sal be­slis moeë han­de ná ’n dag se har­de werk verfris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.