VAN heu­wel tot heu­wel

Met ’n oor­vloed a­sa­le­as is Bet­ty C­han­ce se tuin in die Na­tal­se Mid­del­land ’n skou­spel van kleur wan­neer hul­le blom.

Tuis - - LESERTUIN - Deur Ma­rié Ester­huy­se Foto’s Sal­ly C­han­ce

Va­kan­sie­tye en na­we­ke kui­er die C­han­ce-fa­mi­lie graag saam.

En as dit by hul klein­tyd­se kui­er­plek in die K­waZu­lu-Na­tal­se Mid­del­land is, is dit ek­stra spe­si­aal. Want dis hier waar dié ge­sin al se­dert 1967 af­saal en waar Bet­ty C­han­ce oor die ja­re die tuin in ’n lus­hof om­skep het.

“Ons het in Zoe­loe­land ge­boer en in 1967 ’n na­week hier in die Mid­del­land kom kui­er na­dat vrien­de hier­heen ver­huis het,” ver­tel Bet­ty. “Ons vier kin­ders was toe op kos­skool hier na­by en ons was op soek na ’n plek waar ons na­we­ke saam met hul­le tyd kon deur­bring. Ons vrien­de het aan­ge­bied dat ons ’n deel van hul­le grond koop en vir ons ’n huis daar­op bou. Ons het die geleenthei­d aan­ge­gryp.”

Se­dert­dien is die ei­en­dom die C­han­ce­fa­mi­lie se weg­breek­plek. Bet­ty het be­gin tuin­maak met die hulp van ’n eg­paar van die om­ge­wing, John en T­ri­fe­na N­go­be­se, wat die ei­en­dom on­der­hou het wan­neer die C­han­ce­ge­sin nie daar was nie. Van­dag is dit die N­ka­thi-fa­mi­lie wat hier toe­sig hou.

“In die hoek van die ei­en­dom is twee heu­wels met ’n rivier wat daar­deur loop. Die heu­wel wat suid front was en is nog steeds be­dek met na­tuur­li­ke veld. Hier groei on­der meer Kaap­se kas­tai­ing-, wit­stink­hout-, wit­els- en geel­hout­bo­me tussen klei­ner in­heem­se spe­sies.

“Die heu­wel wat noord front is be­dek met den­ne­bo­me. Ons het van die den­ne af­ge­kap en ’n trek­ker van ons plaas af laat kom om die grond op die kruin van die heu­wel ge­lyk te maak so­dat ons ons huis daar kon bou. Dit het ’n prag­ti­ge uit­sig oor die rivier en die in­heem­se veld.” >>

DIE EI­E­NAARS Die C­han­ce-fa­mi­lie WAAR K­waZu­lu-Na­tal­se Mid­del­land GROOT­TE VAN EI­EN­DOM 20 ha Bet­ty en Sal­ly C­han­ce Al langs die in­rit vorm a­sa­le­as ’n hoë hei­ning wat ’n skou­spel is in die lente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.