Oor­da­di­ge car­bo­na­ra

Tuis - - KOS -

Moe­nie skrik vir die i­dee van “rou” ei­er­geel nie. Die pas­ta en pas­ta­wa­ter het ge­noeg hit­te om die ei­er te ver­an­der in ’n weel­de­ri­ge sous wat ro­me­rig proe son­der die ge­bruik van room. Ge­noeg vir 4 ruim por­sies • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te • Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 45ml bot­ter • 30ml ek­stras­ui­wer o­lyf­o­lie • 200g ge­rook­te spek, in blok­kies ge­sny • 80g sa­la­mi, in blok­kies ge­sny • 4 velle Par­ma­ham, Ser­ra­no­ham of “speck” (op­si­o­neel) • 400g s­pag­het­ti • 4 ei­er­ge­le • 60ml vars­ge­ras­per­de par­me­saan­kaas • 15ml plat­blaar­pie­ter­sie­lie • vars ba­si­lie vir gar­ne­ring

1 Sit ’n groot pot sout­wa­ter op die stoof vir die pas­ta en b­ring dit tot kook­punt. Jou tyds­be­re­ke­ning is be­lang­rik, want jy het van die pas­ta­wa­ter no­dig vir die sous.

2 S­melt die bot­ter en olie saam in ’n groot pan oor ma­ti­ge hit­te en braai die spek­blok­kies mooi bruin. Roer die sa­la­mi en ham by en braai vir nog ’n paar mi­nu­te; ver­wy­der dan vir eers van die hit­te.

3 Kook nou die pas­ta tot al den­te (ge­woon­lik 8 mi­nu­te; raad­pleeg die ver­pak­king). Ge­bruik ’n meng­bak wat groot ge­noeg is om al die pas­ta te ak­kom­mo­deer en klits so­lank die ei­er­ge­le, kaas (hou ’n bie­tjie vir bo-oor strooi as jy wil) en pie­ter­sie­lie saam. So­dra die pas­ta reg is, skep dit nat-nat by die pan­ge­braai­de vleis en skud. Keer die geu­ri­ge pas­ta uit in die meng­bak met die ei­er­ge­le en skud-skud weer tot alles mooi gemeng is. Skep op in vier diep pas­ta­bor­de. Maak se­ker elk­een kry ’n re­pie ham bo-op en sit da­de­lik warm voor (dié ou­tjie hou nie van her­ver­hit nie). Vars ba­si­lie­bla­re en vars­ge­maal­de swart­pe­per sal die ryk sous ba­lan­seer. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.