Lin­gui­ne met groen groente en pes­to

Tuis - - KORTPADKOS -

Klas­sie­ke ba­si­lie­pes­to-en-pas­ta is in sy eenvoud die per­fek­te ven­noot­skap, maar jy kan dit ook op­dol­lie as jy wil met groente, neu­te en kaas.

Ge­noeg vir 4 ruim por­sies • Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 8 mi­nu­te

• 500g lin­gui­ne of an­der lang pas­ta • 30 ml ek­stras­ui­wer o­lyf­o­lie • 350 g ge­meng­de lang­steel­broc­co­li, peu­ler­tjies en murg­pam­poen­tjies, ge­kap

• 80 ml klas­sie­ke ba­si­lie­pes­to • 30 ml den­ne­pit­te of ge­kap­te a­man­dels • vars ba­si­lie en ’n strooi­sel par­me­saan­kaas (op­si­o­neel)

1 Kook die pas­ta in sout­wa­ter tot al den­te. Ver­hit in­tus­sen die olie en braai die groente tot­dat dit be­gin kleur kry, maar steeds tekstuur het. Geur met sout en pe­per en roer die pes­to en neu­te by; ver­wy­der van die hit­te.

2 Skep die gaar pas­ta so nat-nat by die pes­to en meng goed deur. Sit da­de­lik voor, met of son­der die ek­stra kruie en kaas en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak.

Wenk Eks­pe­ri­men­teer ge­rus met ro­ket-en-ok­ker­neut­pes­to of G­riek­se pes­to met o­ly­we en fe­ta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.