Hum­ming­bi­rd-koek, stap vir stap

Bak dié klas­sie­ke guns­te­ling en ver­sier hom met ’n kroon van pyn­ap­pel­blom­me – al­les in net drie stap­pe.

Tuis - - CONTENTS - Deur Jo­hané Neil­son • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Maak 1 x 22cm-dub­bel­laag­koek • Be­rei­dings­tyd: 35 mi­nu­te Bak­tyd: 45−60 mi­nu­te • Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

BE­SLAG

• 2 ei­ers • 250ml (100g) lig­bruin­sui­ker • 125ml ka­no­la- of ge­smel­te klap­per­o­lie • 5ml rum (of va­niel­je­geur­sel) • 125ml fyn­ge­druk­te ryp pie­sang • 220g (½ blik) pyn­ap­pel­moes met die stroop • 50g ge­meng­de neu­te, ge­roos­ter en grof­ge­kap • 60ml klap­per, ge­roos­ter • 312,5ml (175g) koek­meel • 2,5ml bak­poei­er • 2,5ml koeksoda • ’n knip­pie sout • 5ml ka­neel • 2ml elk gem­mer en ge­meng­de spe­se­rye

Voor­ver­hit die oond. Voer ’n 22 cm-veer­klamp­pan uit met bak­pa­pier en spuit met kleef­we­ren­de kos­sproei. K­lits die ei­ers en sui­ker saam tot lig en don­sig en al die sui­ker op­ge­los het. Meng die o­lie, rum, pie­sang, pyn­ap­pel, neu­te en klap­per in ’n bak. Sif die meel, bak­poei­er, koeksoda, sout en spe­se­rye saam in ’n a­par­te bak. Vou die pie­sang­meng­sel en die meel­meng­sel om die beurt by die ei­er­meng­sel in tot ge­meng, en skep in die voor­be­rei­de pan. Bak vir 45–60 mi­nu­te of tot ’n toets­pen skoon uit­kom. Laat die koek heel­te­mal af­koel en sny dit ver­sig­tig in twee lae.

PYN­AP­PEL­BLOM­ME

Een­vou­di­ger as wat dit lyk, mits jy ge­dul­dig is en fyn sny.

• 1 ryp pyn­ap­pel

Sny die pyn­ap­pel en ver­wy­der e­ni­ge o­gies (don­ker stuk­kies). Sny die pyn­ap­pel nou tot­dat jy 12 dun sky­fies het (ge­bruik ’n man­do­lien­sny­er in­dien moont­lik). Druk die sky­fies goed droog met ’n skoon doek en sit dit dan in die hol­tes van ’n ge­smeer­de muf­fin­pan. Droog uit in ’n oond teen 120 °C (ge­bruik die waai­er as jou oond een het) vir so­wat 1 uur. Loer en maak se­ker die blom­me sit nie vas nie. Om die on­der­kant van die pyn­ap­pel­sky­we ook uit te droog, haal die “pyn­ap­pel­bak­kies” uit en bak ver­der on­der­ste­bo op die ag­ter­kant van die muf­fin­pan. Die blom­me hoef nie kurk­droog te wees nie, maar moet hul vorm be­hou.

ROOMKAASVE­RSIERSEL

• 125ml sag­te bot­ter • 500ml ver­sier­sui­ker, ge­sif • 500ml me­di­um­vet-room­kaas • 5ml va­niel­je­geur­sel • 15ml lem­me­tjie- of suur­le­moen­sap • ge­ras­per­de skil van 1 lem­me­tjie of suur­le­moen

K­lits die bot­ter en ver­sier­sui­ker saam tot lig en ro­me­rig. Voeg die room­kaas, va­niel­je en lem­me­tjie­sap en -skil by. Klop tot net ge­meng – moe­nie te veel meng nie, an­ders sal die meng­sel skif. S­meer die ver­sier­sel tus­sen die koek­lae en sit hul­le op me­kaar. Ver­sier ook die kan­te en bo­kant en rond af met die pyn­ap­pel­blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.