Hallo

Tuis - - CONTENTS - re­dak­[email protected]

My vrien­din Marelize sit an­der­dag op my bank, soos al­tyd be­ne on­der haar in­ge­vou, die hond kierts­reg­op langs haar soos ’n mens.

Dis ’n va­kan­sie­dag, en ek is nog in my pa­ja­mas.

“Nee,” sê sy. In haar huis geld twee re­ëls: “Jy vat nie ’n glas wyn bed toe nie en jy sit nie in die sit­ka­mer in jou pa­ja­mas nie.” Ek dog sy gaan kla oor die hond, want hy sal nie hui­wer om in te leun, met sy kop so op jou skou­er, as hy op sy ge­mak­lik­ste is nie. Maar dit pla haar klaar­blyk­lik min. Die feit dat ek in my nag­ka­baai daar sit, is die steen des aan­stoots.

Ek is ge­luk­kig te oud vir groeps­druk, sê ek, en dis bo­wen­al my huis. Die lek­ker­ste kui­ers is in elk ge­val sul­ke lui­lek­ker tjom­mels waar al­mal op ’n koue win­ters­dag so op die ban­ke lê, pan­ne­koek eet, die kag­gel stook … heel­dag net so in jou slaap­kle­re. Want dis met sul­ke kui­ers waar die bes­te stories uit­kom. En wie, vra ek jou, hou nou nie van ’n lek­ker storie nie?

In die laat se­wen­tigs en vroeë tag­tigs oor­rom­pel TV ons land – en so ook die Dal­las-se­pie. In ons sit­ka­mer staan ’n Te­le­fun­ken-boks-TV bo-op die P­hi­lips-gram­ra­dio. Dit was ’n ghrênd TV – nie een met klak­ken­de knop­pe waar­mee jy die ka­na­le kon kies nie, maar sul­ke e­le­gan­te ron­de hol­tes wat jy ge­ruis­loos met jou vin­ger­pun­te kon aan­raak, en sie­daar: TV1 word TV2. Ek re­ken dit was die heel, heel eer­ste po­ging tot die so­ge­naam­de raak­skerm wat nou so al­le­daags is.

Maar iets was nie pluis nie. In die win­ter, wan­neer dit bib­ber­koud was, het die Te­le­fun­ken se hol­tes glad nie ge­werk nie en het die ka­na­le van­self ge­spring son­der e­ni­ge aan­ra­king. Ek kan nie ont­hou wie nie, maar ie­mand in ons huis het uit­ge­pluis ’n mens moet die “knop­pe” bie­tjie hit­te gee, met die ge­volg dat ’n haar­dro­ër wel­dra by­na per­ma­nent langs die TV ge­lê het. Jy moes mooi be­plan as jy wou TV kyk in Junie en Ju­lie, want dit was nie ’n lig­te blaas nie, jy moes be­hoor­lik blow dry. Teen die tyd dat die ka­na­le op­hou spring het, kon jy al fa­ke krul­le hê nes daar­die lis­ti­ge Sue El­len, of die eer­ste kon­kel­werk van die e­wig ag­ter­bak­se JR mis­ge­loop het.

Ek ont­hou nog goed hoe Dal­las – en la­ter Dyn­as­ty – ’n heel nu­we mo­de­gier be­gin het. Ne­wer­maaind die ha­re, daai shoul­der pads! Een Son­dag­og­gend in die kerk was daar die on­ge­mak­lik­ste on­ge­mak­li­ke stil­te in ja­re toe die do­mi­nee in ’n oom­blik van drif ge­bul­der het skou­er­kus­sin­kies is uit die bo­se, want dis ’n te­ken van op­stan­dig­heid on­der vroue “wat al meer soos mans pro­beer wees”. Het jy al ge­sien hoe pro­beer ’n ge­meen­te se vroue weg­sak in hul ban­ke, maar son­der suk­ses, want ’n shoul­der pad uit die tag­tigs was hoog en ste­wig. Daar­die og­gend was nie net die Pot­gie­ters eer­ste by die kerk uit nie, heel­par­ty vroue het som­mer al on­der die laas­te se­ën ver­dwyn.

Ie­der­ge­val: My bes­te Dal­las-storie is van ’n vriend wie se pa ook ’n pre­di­kant was. In hul huis is huis­gods­diens ge­hou. Een aand, net voor die Dal­las-ken­wy­sie sou op­klink, het sy pa dit ver en wyd gaan haal. Die son­de van die wê­reld het swaar op sy ge­moed ge­lê, maar Dal­las sou am­per be­gin, en kyk wou hul­le kyk. Maar nie voor sy laas­te ge­bed nie.

“He­re,” bid hy, “en dan oor JR: Hy is ’n sleg­te voor­beeld vir ons. Gee tog dat die draai­boek­skry­wers die lig sien, en hy tot be­ke­ring kom. A­men.”

Dié uit­ga­we gaan oor kui­er­kol­le, en ek hoop jou­ne – of dit nou ’n leef-, braai- of sit­ka­mer is, of ’n leef-sit-eet­ka­mer-kom­buis al­les in een – is ook ’n plek vol stories. Want daar’s niks soos lek­ker lag, of lek­ker ont­hou nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.