Kon­tem­po­rêr sjiek

Tuis - - VARS IDEES -

Voor Chris­ti­ne en Ed­win Ca­pen­da­le hul huis op­ge­knap het, was die ou hout-sta­pel­deu­re wat die leef­ruim­tes op die boon­ste ver­die­ping van die stu­deer- en slaap­ka­mers ge­skei het, in ’n swak toe­stand – die hout was ver­weer en die deu­re het moei­lik oop- en toe­ge­maak. Maar Chris­ti­ne was nie ge­reed om die hand­doek in te gooi nie en het die skar­nie­re, slot­te en hef­bo­me met blink­nu­wes van ko­per ver­vang, waar­na sy ’n vars laag hout­skool verf aan­ge­wend het om met die hout­vloe­re te kon­tras­teer.

En sy’s gaan­de oor die re­sul­taat! Die deu­re help met ge­raas­be­heer tus­sen die leef­a­re­as en slaap­ka­mers en dra by tot die rus­ti­ge, kon­tem­po­rê­re ge­voel van die huis.

Ed­win werk van die huis af en het be­sluit om ’n ver­trek met ’n boog­deur­gang uit die gang as tuis­kan­toor in te span. Om­dat daar nie ’n deur na dié ruim­te was toe die Ca­pen­da­les in­ge­trek het nie, het hul­le A­me­ri­can S­hut­ters laat pas­maak vir die o­pe­ning.

“Ons wou iets hê wat vei­lig is en pri­vaat­heid bied. Maar die in­stal­le­ring is ook prag­tig – die hort­jies was die perfekte op­los­sing,” sê Chris­ti­ne.

Ot­to­man van Pierre Cron­je; mat van Her­tex; plant­staan­der van Wey­landts; die kas was ’n twee­de­hand­se vonds van ’n an­tiek­win­kel Dis in die de­tail Die A­me­ri­can S­hut­ters­deur pas net­jies in die boog­deur­gang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.