’n Ge­daan­te­wis­se­ling

Tuis - - LESERHUIS -

“Voor die win­kel,” ont­hou La­rushka, “het ek nie eint­lik ge­weet waar­van ek reg­tig hou nie ... maar toe kom ek meer oor dié ti­pe meu­bels uit die mid­del van die vo­ri­ge eeu te we­te. Ek het groot waar­de­ring vir die een­voud en doel­ma­ti­ge ont­werp, die ge­bruik van skoon ly­ne en klas­sie­ke vorms en die tyd­loos­heid van die stuk­ke.

“Na­tuur­lik het ek toe al hoe meer van dié meu­bels in my huis be­gin ge­bruik – maar son­der om dit te oor­doen. Ek wou dit so smaak­vol moont­lik laat in­ska­kel by ons be­staan­de kon­tem­po­rê­re voor­koms. Die huis be­hoort im­mers te weer­spie­ël wie ons is, daar­om was die kom­bi­na­sie be­lang­rik.”

La­rushka het ’n neu­tra­le pa­let van wit en lig­grys ge­kies vir die huis se bin­ne­kant. Om dit te kom­ple­men­teer het sy na­tuur­li­ke, aard­se teks­tu­re met ak­sen­te van ont­blo­te bak­ste­ne en se­ment vir die mu­re en vloe­re ge­kies. “Só kan die meu­bels op ’n klas­sie­ke ma­nier tot hul reg kom, son­der te veel ‘steur­nis’ rondom.”

Wan­neer dit kom by ak­sent­kleu­re, ver­kies La­rushka rus­ti­ge ska­ke­rings van blou. “Ek wil ook graag geel en nar­tjie­rooi in­bring, maar net hier en daar – ma­tig­heid is eint­lik my e­nig­ste de­kor­re­ël. Ek ver­kies ge­woon­lik om teks­tuur eer­der as kleur en pa­tro­ne in te span; nei­gings in pa­tro­ne en kleu­re kom en gaan, maar iets soos teks­tuur­ry­ke lap of verf, en in­ge­wik­kel­de de­tail kan jou styl net so goed ten toon stel en ’n leeftyd lank hou,” sê sy. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.