Dit werk, want ...

Tuis - - DEKOR -

“Ons wou reg­tig hê ons va­kan­sie­huis moet ’n styl­vol­le see-at­mos­feer hê,” sê A­nien. “Meu­bels en de­kor is so or­ga­nies moont­lik ge­hou; ons het hout, se­ment­vloe­re (met mos­sel­skulp-sker­we daar­by in­ge­meng) en staal­raam-hort­jies ge­bruik. Die hout ver­leen reg­tig warm­te aan die huis met sy vier­kan­ti­ge ly­ne.”

Baie van die meu­bels is oor die ja­re by­me­kaar­ge­maak, in­slui­tend die Art De­costoe­le en -kof­fie­ta­fel, ter­wyl daar ook ’n paar an­tie­ke kas­te op die stoep staan. As ’n bin­ne­ver­sier­der het A­nien ’n fyn oog vir ont­wer­pers­meu­bels en fyn de­tails wat slim aan­ge­wend is, en sy kry dit reg om erf­goed en ont­wer­per­stuk­ke prag­tig te kom­bi­neer.

“My per­soon­li­ke de­kor­styl is ’n kom­bi­na­sie van oud en nuut,” sê sy. “Op die ou end is die fo­kus op ge­mak­li­ke, rus­ti­ge de­kor wat min on­der­houd vra – wat so be­lang­rik is in ’n va­kan­sie­huis.”

Die hout­deu­re kan heel­te­mal toe­maak, so die meu­bels kan heel­jaar op die stoep staan; dis ook nut­tig vir win­de­ri­ge dae.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.