Op­knap-groen­tjie

Tuis - - RAAD -

La­na de Wet van Jo­han­nes­burg skryf Ek wil ’n ou bad­ka­mer ver­nu­we, maar as ’n be­gin­ner voel ek heel­te­mal ver­lo­re; kan jul­le as­se­blief help met raad oor wat­ter af­wer­kings ek moet kies?

Die in­te­ri­eur­ar­gi­tek T­ris­ch Bar­nard ant­woord Hier is ’n paar ba­sie­se pun­te wat jy moet oor­weeg wan­neer jy na af­wer­kings kyk: G­ly­vas­te vloer­te­ëls is nood­saak­lik. As jy graag groot te­ëls wil lê, kies on­ge­gla­suur­de por­se­lein.

T­ren­dy mo­sa­ïek­te­ëls is ook ’n goeie op­sie. Ge­gla­suur­de te­ëls is die bes­te vir mu­re om­dat dit mak­lik skoon­maak. Ver­my wit voeg­bry wat gou vul­lis wys en baie moei­lik is om skoon te hou. Oor­weeg ook ’n vloer­te­ël wat teen mu­re ge­bruik kan word.

As jy be­sluit om die mu­re te verf, kies ’n pro­duk wat spe­si­aal ge­for­mu­leer is vir bad­ka­mers.

Ver­my po­reu­se ma­te­ri­aal vir kas­te, en kies lie­wer af­wer­kings wat ge­skik is vir bloot­stel­ling aan wa­ter.

KON­TAK t­ris­[email protected]­ject­works.co.za

Li­sa Mil­l­ba­cher van Be­spo­ke

Bathrooms ant­woord Hier is ’n paar nut­ti­ge wen­ke vir wan­neer jy ’n bad­ka­mer­pro­jek aan­pak: • Ge­bruik be­lig­ting laag op laag; kom­bi­neer by­voor­beeld spie­ëls met LUD-lig­te en ge­pas­te muur- of pla­fon­lig­te. • Goeie na­tuur­li­ke lig deur ven­sters of dak­ven­sters is ook be­lang­rik. • Maak se­ker voor­wer­pe soos die toi­let of hand­doek­re­lings is nie die eer­ste ding wat jy sien wan­neer jy in­stap nie. • Oor­weeg muur­ge­mon­teer­de e­le­men­te soos ’n swe­wen­de was­bak­kas en toi­let om vloer­spa­sie oop te hou. • ’n Naat­lo­se vloer­be­dek­king of groot te­ëls sal die ruim­te gro­ter laat voel. • Ver­my so­lie­de mu­re vir pri­vaat­heid in die stort of by die toi­let en kies liefs be­han­del­de glas. >>

be­spo­ke­bathrooms.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.