PRO­JEK 2 S­ten­sil met kol­le­tjies

Tuis - - TJHOKO PAINT PROMOSIE -

Wat jy no­dig het

• 15 x 15 cm-hout­blok­ke • HB-pot­lood • s­ten­sil (ons het MC016-15-H ge­bruik, be­skik­baar by Tjhoko-verskaffer­s) • Tjhoko-kryt­verf in die kleur van jou keuse (ons het 250 ml S­her­if’s S­to­ne en 250 ml S­téf­fan ge­bruik) • skerp­punt-kuns­te­naars­kwas­te van goeie ge­hal­te (ons het P­ri­me Art 365R8 ge­bruik) • tan­de­stok­kie • al­kant­plak­band

Só maak jy...

1 Plaas die s­ten­sil op ’n hout­blok­kie en trek die pa­troon op die op­per­vlak af met die HB-pot­lood. 2 Doop die kuns­te­naars­kwas in die eer­ste verf­kleur (ons het met S­her­if’s S­to­ne be­gin). Maak se­ker daar is heel­wat verf op die punt van die kwas en druk drup­pels al met die ly­ne van jou pot­lood­ont­werp langs. Gee jou kre­a­ti­wi­teit vrye teu­els en wis­sel ge­rus die kleu­re wat jy ge­kies het af. Sorg dat die kol­le­tjies dik op die op­per­vlak lê en her­haal die stap in­dien jy meer di­men­sie in die kol­le­tjies ver­lang. 3 Neem dan die tan­de­stok­kie, druk die punt in ’n kon­tras­te­ren­de kleur verf (maak se­ker dit is goed nat) en druk dan fy­ner kol­le­tjies langs óf op die vo­ri­ge reeds droë kol­le. 4 Wag tot die verf droog is en plak die blok­ke met al­kant­plak­band teen die af­ge­wit­te muur.

4

3

1

2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.