Aan­neem-wen­ke

Tuis - - RAAD - Mi­chel­le Rum­ble van Kaap­stad skryf

Ek neem bin­ne­kort twee hon­de aan by ’n vriend wat e­mi­greer. Ge­luk­kig is hul­le nie stout nie, maar het jul­le e­ni­ge raad vir my?

Dr. Mi­cha­el Fer­rei­ra, vee­arts by die Ty­ger­berg-die­re­hos­pi­taal,

ant­woord Troe­tel­die­re is won­der­lik, al kom hul­le met baie ver­ant­woor­de­lik­he­de. Wat is lek­ker­der as ’n op­ge­won­de vier­poot­maat wat jou ná werk tuis ver­wel­kom? • Om aan­ge­no­me hon­de meer tuis te laat voel kan jy ge­lief­de voor­wer­pe met be­ken­de reu­ke, soos kom­ber­se en speel­goed, selfs ’n hemp of twee van die vo­ri­ge ei­e­naars, hou. Nog ’n goeie i­dee is ’n kal­me­ren­de hals­band soos A­daptil of Nur­tu­re­calm, wat ’n reuk­lo­se fe­ro­moon vir hon­de vry­stel. In die mees­te ge­val­le het hon­de ’n paar dae no­dig om hul­le by hul nu­we om­ge­wing aan te pas. Se­ke­re die­re is meer ge­span­ne as an­der; laat lei jou maar deur jou be­paal­de om­stan­dig­he­de. • Baie men­se won­der of dit raad­saam is om die vo­ri­ge ei­e­naars te Sky­pe, en ter­wyl ek nie dink dis ’n sleg­te i­dee nie, kan dit se­ke­re die­re ont­stel. As jou troe­tel­dier mak­lik op­ge­won­de raak, sal hy dalk op­ge­wek blaf wan­neer hy ’n be­ken­de stem hoor of ge­sig sien. Dit hang af van die dier. Die mees­te hon­de be­hoort po­si­tief te re­a­geer as hul vo­ri­ge ei­e­naars in­loer wan­neer hul­le weer die land be­soek. • As jy reeds an­der hon­de het, is dit be­lang­rik om die troe­tel­die­re ge­lei­de­lik aan me­kaar voor te stel. Neu­tra­le ter­rein soos ’n park is ’n goeie be­gin­plek om­dat hul­le min­der ge­neig sal wees om ge­span­ne of ter­ri­to­ri­aal te raak. Jy kan hul­le aan­vank­lik net saam laat speel so­dat hul­le me­kaar ge­woond kan raak; an­ders kan jy hul­le eers aan me­kaar se reu­ke ge­woond maak voor jy hul­le ge­lei­de­lik on­der be­heer­de om­stan­dig­he­de aan me­kaar bloot­stel. • Ek dink dis baie be­lang­rik om eers te sien hoe die hon­de op me­kaar re­a­geer voor jy in­stem om hul­le in te neem. As hul­le nie oor die weg kom nie, is dit ’n ri­si­ko vir al die hon­de en sal jy dalk ’n an­der plek vir hul­le moet vind.

KON­TAK tah.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.