Die fraai­ste vet­plan­te!

Tuis - - LESERTOERE -

Bos­veld­plak­kie

Die ro­byn­rooi ge­lob­de bla­re van die in­heem­se bos­veld­plak­kie (Ka­lan­choe sex­an­gu­la­ris) ver­leen hel­der kleur aan wa­ter­wys tui­ne in die win­ter. Dié vin­ni­ge groei­er is im­mer­groen, as­ook ryp- en droog­te­be­stand. Weens die ge­wig van die bla­re het die klein struik ’n laag­groei­en­de groei­wy­se, so­dat dit ’n goeie grond­be­dek­ker maak. Geen an­der vet­plant het so ’n in­ten­se loof­kleur nie en dis voor­waar ’n aan­wins in die tuin. Kweek dit so Die plant vaar die bes­te in vol­son, wat die loof­kleur uit­bring; dit ge­dy ook in ge­deel­te­li­ke ska­du, maar dan is die kleur nie so in­tens nie. Plant dit in goed­ge­drei­neer­de grond en moe­nie te veel wa­ter gee nie. Moe­dig geil nu­we groei aan deur ou­er ste­le uit te sny of hard te­rug te snoei as die plant on­net be­gin lyk. In die win­ter ver­skyn klein geel blom­me aan lang ste­le wat in­sek­te en vo­ëls lok. Ge­brui­ke in die tuin Be­nut die plak­kie se tref­fen­de kleur ten vol­le deur dit in mas­sas te plant. Dit kon­tras­teer mooi met die grys loof van in­heem­se wil­de­knof­fel, Bul­bi­nel­la, Se­ne­cio-va­ri­ë­tei­te, Coty­le­don or­bi­cu­la­ta en Cras­su­la mul­ti­ca­va. Plant dit in ge­meng­de bed­dings saam met wa­ter­wys jaar­plan­te en meer­ja­ri­ges, in rots­tui­ne en hou­ers. Het jy ge­weet? Vloei­ba­re blaar­voe­ding sal die bla­re brand of vlek; in­dien voe­ding no­dig is, kies ’n or­ga­nie­se kor­rel­kuns­mis. Al­ge­me­ne pro­ble­me Slak­ke en naak­slak­ke vreet graag die bla­re. Ver­wy­der hul­le met die hand of strooi ’n or­ga­nie­se sla­kaas soos Fer­ra­mol. As wol­luis of dop­luis die plant aan­tas, spuit met ’n sis­te­mie­se in­sek­do­der en on­der­soek die grond vir swak drei­ne­ring. KON­TAK N­ge­na Succu­lents; e-pos [email protected]­ge­na.a­fri­ca

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.