S­toep­plant van die maand

Tuis - - LESERTOERE -

Ca­li­bra­choa Mi­niFa­mous Dou­ble ‘Pin­kTas­tic’ het skou­spel­ag­ti­ge pienk-en-wit dub­bel­blom­me wat soos drie­di­men­si­o­ne­le mi­ni-ro­se lyk. Dit het ver­le­de jaar die F­leur­oS­tar (’n prys wat die Eu­ro­pe­se tuin­bou­be­dryf jaar­liks aan die jaar se tref­fend­ste plant toe­ken) ge­wen vir sy on­ge­wo­ne blom­me en net­jie­se, ge­ron­de groei­wy­se. Dié s­toep­plant werk goed op sy eie in ’n hang­mand­jie of as deel van ’n groot, ge­meng­de hou­er. Die plan­te is be­stand teen koue, en vaar die bes­te in ’n son­ni­ge plek in die win­ter en ge­deel­te­li­ke ska­du van die len­te tot die herfs. Maak se­ker dit het pot­grond wat goed d­rei­neer en kry ge­reeld wa­ter. Voed een keer per week met ’n vloei­ba­re kuns­mis. KON­TAK ball­straat­hof.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.