Ná John S­mal­ber­ger se af­tre­de in 2002 het hy en sy vrou, Ma­ri, ’n na­week­plek­kie in die G­rey­ton Coun­try Vil­la­ge­af­tree­oord ge­koop.

Tuis - - LESERTOERE -

Ons i­dee met die tuin was nie om ’n skou­tuin te ont­wik­kel nie, maar een wat ons heel­jaar ple­sier gee. – John

“Maar hoe meer ons hier­heen ge­kom het, hoe meer het ons van die dorp, sy prag­ti­ge lig­ging en ook die won­der­li­ke men­se ge­hou,” ver­tel John. “Dit is toe dat ons be­sluit het om per­ma­nent hier­heen te ver­huis en ’n erf met ’n gro­ter tuin be­gin soek het – groot genoeg dat ons baie ro­se kan plant.” So­wat ses jaar ge­le­de het hul­le toe dié 0,4 ha-ei­en­dom aan­ge­skaf.

“Met ons in­trek hier was die tuin iet­wat ver­waar­loos. Die vo­ri­ge ei­e­naars het in die bui­te­land ge­bly en kon dus nie veel aan­dag daar­aan gee nie. Ons het die uit­leg van die tuin min of meer be­hou en dit met ver­loop van tyd ver­der ont­wik­kel. Dit was maar iet­wat luk­raak!” ver­dui­de­lik hy lag­gend.

Wat John en Ma­ri wel be­plan het, was hul roos­bed­dings. Hier het hul­le die ro­se min of meer vol­gens hul kleur ge­plant, met pas­maats vir el­ke groep. Die pas­maats is al­mal plan­te met nie-in­drin­gen­de wor­tel­stel­sels wat tus­sen die ro­se kan groei son­der om hul­le te pla. >>

Die bes­te roos­kwe­kers in G­rey­ton bly net ho­ër op in die straat van ons af. Ons snoei ge­woon­lik ’n week ná hul­le; hul­le gee nie om dat ons hul­le so na-aap nie! – John

John het ’n mi­ni-vet­plant­tuin net bui­te die grens­hei­ning on­der ’n ou ak­ker­boom aan­ge­lê. Ma­ri is dol daar­oor – maar so ook die per­de en bees­te wat vry­e­lik in die dorp rond­loop!

‘South A­fri­ca’

’n Lief­li­ke Da­vid Aus­tin-roos (bo) en ‘Blos­som Ma­gic’ (hooffoto)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.