Bief­roer­braai met le­moen

Tuis - - LESERTOERE -

Die ge­heim van ’n suk­ses­vol­le roerbraai is ’n baie warm wok of pan so­dat die vleis blits­vin­nig gaar braai en nie oor­gaar of taai raak nie. Ver­vang ge­rus die bees­vleis met vark­re­pies of hoen­der.

Genoeg vir 4 Be­rei­dings­tyd: 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 10 mi­nu­te

• 15ml se­sam­o­lie • 400g ste­ak­re­pies • 1 knof­fel­hui­sie, ge­kap • 1 bos­sie spriet­uie, ge­kap • 1 rooi brand­ris­sie, ge­kap • 1 duim vars gem­mer, ge­skil en ge­ras­per • 5ml mos­terd­saad • 2 wor­tels, in lin­te ge­sny of 6 ba­ba­wor­tels, in die leng­te in vier ge­sny • 1 geel soet­ris­sie, in re­pies ge­sny • 60ml vars le­moen­sap • 60ml bees­vleis­af­trek­sel • 15ml so­ja­sous • 15ml heu­ning • 30ml se­sam­saad, ge­roos­ter • 2 klein le­moe­ne, ge­skil en in seg­men­te ge­sny • ge­stoom­de rys om mee voor te sit

1 Ver­hit die o­lie in ’n wok of braai­pan oor hoë hit­te. Roerbraai die vleis­re­pies blits­vin­nig saam met die knof­fel en spriet­uie vir so­wat 2–3 mi­nu­te tot goud­bruin. Skep uit en hou een­kant.

2 Braai nou die brand­ris­sie, gem­mer, mos­terd, wor­tels en soet­ris­sie vir so­wat 2 mi­nu­te in die­self­de wok, weer oor hoë hit­te. Skep uit by die vleis.

3 Giet die le­moen­sap, aftreksel, so­ja­sous en heu­ning in die wok en kook vir 2–3 mi­nu­te of tot­dat die sous be­gin dik word. Roer die vleis en groente by en strooi die se­sam­saad bo-oor. Ver­wy­der van die hit­te, gar­neer met die vars le­moen­seg­men­te en sit voor met die rys. Vars kol­jan­der of ba­si­lie is ’n op­si­o­ne­le ekstra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.