’n Mo­der­ne, in­dus­tri­ë­le ge­sins­huis met sorg in­ge­klee

Die Ma­rees moes ty­de­lik na Zam­bië ver­huis, maar dit het hul­le nie ge­keer om hul huis in Suid-A­fri­ka in hul af­we­sig­heid te laat bou, waar­na hul­le dit keu­rig kom ver­sier het nie.

Tuis - - CONTENTS - Deur Kim A­rend­se • Fo­to’s El­za Cooper • S­ti­le­ring Ju­ané S­chee­pers

Kort na­dat Jo­han en Ly­dia Ma­ree ’n erf in Cen­tu­ri­on ge­koop het

met die plan om hul droom­huis daar staan te maak, het Jo­han se werk as ak­tu­a­ris hul­le die ge­leent­heid ge­gee om vir ’n paar jaar Zam­bië toe te ver­huis. Hul­le wou nie die kans van ’n nu­we a­von­tuur laat ver­by­gaan nie, maar hul­le wou ook nie die pro­jek uit­stel nie. Toe doen hul­le iets waar­voor min men­se sou kans sien – hul­le is sak en pak weg, en het die huis in hul af­we­sig­heid laat bou!

“Al­mal het ge­dink ons is gek,” sê Ly­dia. “Ons het wel el­ke drie maan­de kom in­loer, maar al die kom­mu­ni­ka­sie met ons kon­trak­teurs – van die plan­ne op­trek tot die kies van af­wer­kings – moes oor W­hat­sApp en Sky­pe ge­beur!”

Die pro­ses was ver­al moei­lik om­dat Ly­dia ’n spe­si­fie­ke vi­sie ge­had het vir die huis se ar­gi­tek­tuur en de­kor. Daar­om het sy in 2014, ses maan­de voor hul ver­trek, ’n lê­er be­gin saam­stel wat al­les in nou­keu­ri­ge de­tail uit­een­sit: van die vier­slaap­ka­mer­huis se uit­leg, be­lig­ting en sa­ni­tê­re toe­be­ho­re tot toe­stel­le en verf­kleu­re. Dít het sy ’n paar dae voor hul ver­trek aan die ar­gi­tek, Len Jou­bert, en die kon­trak­teurs Ko­sie Com­brinck en Jo­hann Bo­den­stein van El­con Pro­jects, oor­han­dig.

“Ko­sie het ge­sê hy sou nie die pro­jek daar­son­der kon vol­tooi nie, en hy het nie ’n voet op die per­seel ge­sit son­der daar­die lê­er on­der sy arm nie,” sê Ly­dia. “Ek dink hul­le was baie dap­per om ’n pro­jek aan te pak ter­wyl die ei­e­naars in die bui­te­land is, maar hul­le het hul­le reg­tig oor­tref.” >>

’n Groot staal­raam­skerm skei die in­gang van die sit­ka­mer. Vloe­re van saam­ge­stel­de ei­ke­hout skep sa­me­hang op die on­der­ste vlak en bring ’n tik­kie warm­te tus­sen al die in­dus­tri­ë­le e­le­men­te in die ruim­te. Staal­raam­skerm deur JM S­teel Con­structi­on

Die voor­deur met sy lood­glas­ven­sters maak oop op ’n ruim­te van dub­bel­vo­lu­me. “Dié deur was een van ons eer­ste ko­pies na­dat ons die erf ge­koop het,” sê Ly­dia. “’n V­rien­din het dit by ’n an­tiek­win­kel in Dun­keld ge­sien. Sy’t vir my ’n fo­to ge­stuur en ons het dit som­mer die vol­gen­de dag gaan koop. Dit is 150 jaar oud en was voor­heen die in­gang van ’n boe­tiek­ho­tel in Ar­gen­ti­nië. Die spie­ël reg­oor die voor­deur is ook an­tiek – dit was ’n ven­ster in ’n klein ka­te­draal in Eu­ro­pa en ek het dit by Ko­ö­pe­ra­sie Sto­ries op Fransch­hoek ge­koop.” “Geel in­spi­reer ons en laat ons op­ge­wek voel, so dis ’n goeie keu­se vir ons stu­deer­ka­mer,” sê Ly­dia. Die wit streep was eint­lik ’n glips. “Ek was be­sig om die wit muur geel te verf toe my v­rien­din Le­o­nie in­loer vir ’n kop­pie kof­fie. Na­dat ons ver­wer klaar­ge­maak het met die boon­ste deel, het ek van on­der af boon­toe be­gin werk. Ek was am­per klaar toe Le­o­nie hier kom; daar was net ’n smal wit strook oor. Sy’t ge­sê: ‘S­joe, dit lyk so koel! Waar het jy die i­dee vir ’n wit streep ge­kry?’ Toe los ek dit so!”

Dié uit­span-hoe­kie kyk uit op ’n swem­bad in die ag­ter­plaas. “Ons kui­er graag hier saam met vrien­de oor ’n dran­kie en iets te ete; dis per­fek om­dat die ou­ers rus­tig kan kui­er en steeds ’n oog oor hul kin­ders kan hou ter­wyl hul­le swem,” sê Ly­dia. Die ver­trek het ook ’n uit­sig op die in­heem­se groen strook daar na­by. Stoe­le, rus­bank en hang­lam­pe van Wey­landts; ta­fel van Se­vens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.