Le­ser­tuin ’n For­me­le pa­ra­dys in die Fran­se styl

Haar ma se tui­ne in Bel­gië het Cé­ci­le ge­ïn­spi­reer om haar eie tuin in Jo­han­nes­burg ’n eg Fran­se voor­koms te gee.

Tuis - - CONTENTS - Deur Ma­rié Ester­huy­se Fo­to’s El­za Cooper

Waar eers ’n wei­kamp was, het Cé­ci­le Ja­din van­dag ’n Fran­se tuin wat haar aan die tui­ne uit haar kin­der­dae in Bel­gië her­in­ner.

“Ek en my man, Pa­trick, het 36 jaar ge­le­de uit Bel­gië na Suid-A­fri­ka ver­huis. As deel van my stu­dies as me­die­se dok­ter moes ek ’n spe­si­a­lis­jaar in ’n an­der land gaan doen. Ek kon kies tus­sen Suid-A­fri­ka en S­wit­ser­land. Ek het Suid-A­fri­ka ge­kies – en ons het net nooit weer te­rug­ge­gaan nie,” ver­tel Cé­ci­le.

“My voor­tuin is ’n klei­ner weer­ga­we van die tui­ne waar­in ek groot­ge­word het. Ek is in Bu­run­di ge­bo­re en was agt jaar oud toe ons na Ant­werp, Bel­gië, ver­huis het. Ons tuin daar was klein, maar het ge­lyk soos die baie groot tuin wat my ou­ers la­ter in Na­mur, Wal­lo­nië, ge­had het. Daar het ons in ’n kas­teel ge­bly. Ek het pre­sies die­self­de tuin, net op ’n klei­ner skaal, ge­te­ken en hier in my voor­tuin na­ge­doen.” >>

Eu­ro­pe­se ont­werp on­der A­fri­ka-son

Cé­ci­le het 10 jaar ge­le­de be­gin om haar voor­tuin hier in Jo­han­nes­burg sy Fran­se voor­koms te gee. Voor dit was daar geen tuin nie. “Ek was vroe­ër baie be­sig met my prak­tyk, het baie ge­reis vir my werk en my kin­ders was klein. Tyd vir tuin­maak was daar nie.

“Aan­vank­lik het ons net die grond ge­lyk ge­maak en gras ge­plant,” ver­dui­de­lik sy. ’n V­rien­din, Pat Tarr, wat baie lief is vir tuin­maak, het ge­help om die voor­tuin te om­skep in wat dit van­dag is.

Tus­sen die wa­ter­fo­kus­pun­te groei ro­se en baar­di­ris­se in ’n ver­skei­den­heid kleu­re; nog guns­te­lin­ge is S­tre­lit­zi­as, mal­vas, le­lies en kan­nas – par­ty in bed­dings, an­der in pot­te.

Om die tuin so mooi te hou word die bed­dings ge­voed met per­de­mis en kom­pos wat hul­le van gras­sny­sels, ou bla­re en an­der bruik­ba­re tuin­vul­lis maak. Die mis kom van die per­de wat hul­le op die ei­en­dom aan­hou. Dank­sy ’n boor­gat op die erf het sy ook ge­noeg wa­ter vir die wa­ter­fo­kus­pun­te so­wel as om die tuin te laat flo­reer.

“Ek het twee on­ge­loof­li­ke tui­niers wat my in die tuin help. Hul­le ver­rig won­de­re en is vir al die on­der­houd ver­ant­woor­de­lik. My groot­ste taak was die ont­werp van die tuin; nou is dit om die ro­se te snoei en se­ker te maak al­les word nat­ge­gooi. My man help met die snoei van bo­me; hy ry ook die per­de wat sorg vir die mis wat ek in die tuin in­werk!

“My tuin be­te­ken vir my baie. Ek kan nie op­hou om my te ver­won­der hoe son­lig en wa­ter ’n tuin in ’n lus­hof kan om­skep nie. Dit is on­ge­loof­lik om te sien hoe die va­rings, i­ris­se, im­pa­la- en an­der le­lies hier voor my spreek­ka­mer vir ’n ont­plof­fing van kleur sorg. Die won­der van die na­tuur in Suid-A­fri­ka en die e­ner­gie en ook die vre­de wat my tuin vir my gee, is net won­der­lik.”

Kuns en kalm­te

Suur­le­moen­bo­me, si­pres­se, ro­se en baar­di­ris­se groei in groot ke­ra­miek­pot­te ge­maak deur die Jo­han­nes­burg­se ke­ra­miek­kuns­te­naar Dig­by Hoets. Maar Cé­ci­le is self ’n in­ter­na­si­o­naal er­ken­de kuns­te­naar en het die mees­te van die beel­de in die tuin self ge­maak en ook die wa­ter­fo­kus­pun­te ont­werp.

Een van die beel­de is van haar oud­ste seun, Je­an-Bap­tis­te, wat sy van gips ge­maak het en wat na die noor­de oor die huis en tuin kyk. “Ek wou beel­de van al drie my kin­ders ge­maak het, maar hy was die e­nig­ste een met ge­noeg ge­duld en wat my toe­ge­laat het om dit te doen. Ek moes die pleis­ter om hom vorm, wag tot dit droog is en toe weer af­sny. Van die an­der twee kin­ders het ek net ’n been of ’n arm of ’n kop, maar nie die he­le lyf nie. Nou is hul­le al­mal uit die huis en is dit moei­lik om weer te pro­beer.”

Cé­ci­le wil meer beel­de maak en nog wa­ter­fo­kus­pun­te ont­werp. Laas­ge­noem­de is vir haar ’n plek om te me­di­teer en dit bring ’n ge­voel van vre­de en kalm­te in die tuin. Sy be­plan ook ’n la­bi­rint van si­pres­se waar­in ’n mens kan weg­raak.

[ GUNS­TE­LIN­GE IN DIE TUIN]

Be­hal­we baar­di­ris­se, waar­van daar baie in die tuin is, het Cé­ci­le guns­te­lin­ge wat kleur, vorm en geur aan haar tuin gee.

• Die ja­ka­ran­das en blou­re­ën se pers blom­me is prag­tig. Ek hou ook baie van die on­ge­loof­lik mooi ska­du’s wat die blou­re­ën se bla­re vir ’n paar maan­de van die jaar gooi.

• Do­ring­bo­me vir hul prag­ti­ge vorms.

• Ek hou baie van ro­se en hul­le groei son­der veel moei­te heel­jaar goed hier by my.

• La­ven­tel vir hul won­der­li­ke geur.

• Die wa­ter­le­lies wat my vis­dam­me ver­fraai.

• S­tre­lit­zi­as se be­son­der­se groei­wy­se gee aan die tuin ’n e­le­gan­te voor­koms.

• K­ris­mis­ro­se wat Kers­tyd blom.

• Die don­ker­blou a­ga­pan­te ver­skaf in die so­mer ’n oor­vloed kleur.

• My rooi mal­vas in die tuin en in pot­te.

• Die Ju­ni­pe­rus sco­pu­lorum ‘Sky­roc­ket’ wat lyk of hul­le met die wol­ke speel! >>

Die son­skyn in Suid-A­fri­ka het ge­maak dat ons nie weer te­rug­ge­gaan het Eu­ro­pa toe nie. – Cé­ci­le

Ek kry my lief­de vir tuin­maak van my ma. Sy het al­tyd ’n mooi tuin ge­had. – Cé­ci­le

WIE WOON HIER? Cé­ci­le Ja­din en haar man, Pa­trick Gé­rin WAAR C­hart­well North E­sta­tes, Jo­han­nes­burg GROOTTE VAN TUIN 5 000 m² GRONDTIPE Hoof­saak­lik san­de­rig Cé­ci­le sê die wa­ter­fo­kus­pun­te gee at­mos­feer aan haar tuin. In die dam­me met koi­vis­se het sy tou oor die wa­ter ge­span om te keer dat die ha­di­das hul­le vang.

Die tuin het ’n for­me­le voor­koms, groot­liks dank­sy net­jies ge­sny­de buks­boom­hei­nings, reg­hoe­ki­ge wa­ter­fo­kus­pun­te en reg­uit gruis­paad­jies. Die bed­ding­ran­de word af­ge­rond met blou­grys Ju­ni­pe­rus sco­pu­lorum ‘Sky­roc­ket’ in die hoe­ke. In die len­te is die ja­ka­ran­das, een van Cé­ci­le se guns­te­ling­bo­me, oor­trek met mas­sas pers blom­me. Cé­ci­le se dog­ter Au­re­lie des­tyds in die voor­tuin wat nou in ’n lus­hof om­skep is.

Dag­le­lies (He­me­ro­cal­lis-spp.) ge­dy in kom­pos­ry­ke grond in ’n son­ni­ge bed­ding­rand.

Wil­de­ra­bar­ber (A­cant­hus mol­lis) met hul lang blom­ste­le, blou a­ga­pan­te en wit spin­ne­kop­le­lies ver­skaf kleur in ska­du­ry­ke bed­dings on­der die bo­me. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.